Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 5 Februarie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)

Soek in:

beïnvloeder s.nw. | beïnvloeders | (sosiale media) persoon wat so gewild is en deur so baie mense gevolg word dat potensiële kopers, gebruikers of kiesers hulle daardeur laat beïnvloed en lei wanneer die persoon op sosiale media ’n produk, diens, verkiesingskandidaat, of dergelike aanbeveel, ondersteun of kritiseer: So het ’n politikus ses maande voor die verkiesing ’n beïnvloeder wat eintlik in die kommersiële ruimte werk in diens geneem [...] Navorsers praat van die kommodifisering van beïnvloeding – en dié verskynsel is ’n reusagtige risiko vir Suid-Afrika (Erika de Beer, Netwerk24, 11 Augustus 2023). Ek wil op ’n subkategorie van beïnvloeders fokus, naamlik finfluencers of sommer “finans-invloeder Ja, dis ’n redelike flou flans van “finansies” en “beïnvloeder”, maar dis nou wat ons het. Hoe weet jy watter van die finans-“ghoeroes” kan jy vertrou en wie moet jy eerder vermy? (Leon-Ben Lamprecht, Netwerk24, 30 Oktober 2021). Die (grimeer-)beïnvloeder, wat meer as 8 miljoen Instagram-aanhangers het, het ’n reeks pragfoto’s gedeel waar sy met haar bababoepie spog (Huisgenoot, 22 April 2020).
SINONIEM(E): mediafluisteraar | internetberoemde | smaakmaker | sosialemedia-beïnvloeder
ENGELS: influencer


samestelling(s):
beïnvloederbemarking: Of jy dit nou verfoei of volg, beïnvloederbemarking is een van die vinnigs groeiende onderafdelings van die magtige bemarkingsbedryf. Waar die toekomstige groei van Suid-Afrika se beïnvloedermark voor Covid as positief, maar taamlik beskeie beskou is, het ’n artikel wat in Januarie verskyn het [...] 2021 beskryf as dié jaar vir SA se beïnvloeder-ekonomie (Madeleine Barnard, Vrye Weekblad, 7 Julie 2021).
beïnvloeder-ekonomie


KYK OOK: mediafluisteraar


Let wel
Kies in watter bron(ne) jy wil soek. As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Kyk hier onder hoe jy ook met behulp van spesiale karakters kan soek.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther