Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
Dit kom van deftig wil wees
Mense wat “deftig” wil wees, kan onwetend soms ’n lelike stel aftrap. Dit het al gebeur met party vir wie die eenvoudige werkwoord begin nie meer goed genoeg is nie. In plaas van te sê dat iets om sê nou maar sesuur sal begin, sê hulle dat dit dan ’n aanvang sal neem. Maar wanneer hulle dit skryf, maak hulle daarvan *“in aanvang neem”. Sowaar!
Toe ek dit vir die eerste keer op ’n program gesien het, het ek gereken dat dit maar ’n glips was, maar sedertdien het alte duidelik geblyk dat daar mense is wat werklik meen dat dit so geskryf moet word. Dit kom daarvan as ’n mens onnodig deftig probeer wees. Op stuk van sake is die eenvoudige woord, soos begin, gewoonlik tog maar die beste.
Dan is daar mense vir wie die werkwoord wen ook te eenvoudig geword het. In plaas van te sê dat iemand ’n prys gewen het, sê hulle dat hy dit ingepalm het. Deur dit te sê vat hulle die betrokke persoon eintlik in die gesig, want “inpalm” het ook ’n bra ongunstige betekenis, naamlik om jou (geleidelik, selfs op slinkse wyse) iets toe te eien wat jou nie regtig toekom nie. As gesê word dat iemand iets ingepalm het, word hy dus eintlik van oneerlikheid beskuldig.
Nou kan gevra word of inpalm dan nie maar in die doodgewone sin van “wen” erken moet word as so baie mense dit so gebruik nie. As dit so aangaan, sal dit vroeër of later seker gebeur. As die spraakmakende gemeenskap dit wil hê, sal die woordeboekmakers nie enduit kan keer nie. Maar namate inpalm sy ongunstige betekenis ontneem word, sou ons ’n nuttige sêding verloor. As ons dan wil sê dat iemand iets verwerf het wat hom nie toekom nie, sou ons al daardie woorde moet gebruik in plaas van net die een, veelseggende “inpalm”.
Nog so ’n woord is toedig', wat beteken om iets ten onregte aan iets of iemand toe te skryf. As iemand ten onregte daarvan beskuldig word dat hy sekere woorde gebruik het, kan gesê word dat die gewraakte woorde hom toegedig word. Die woord het dus ’n ongunstige betekenis, maar nou gebruik party mense dit in gunstige sin. Hulle sê byvoorbeeld dat iemand se welslae aan volgehoue inspanning toegedig kan word, in plaas van toegeskryf.
Die tweede kind van ’n gesin is nie die “tweede oudste” nie. Daar kan tog net een oudste wees, nie nog ’n tweede nie. So iemand is die naasoudste of op een na die oudste. Net so voorlaaste of op een na die laaste, nie “tweede laaste” nie.
Daar kan ook nie van die “twee oudste” kinders van ’n gesin gepraat word nie; hulle is die oudste twee.
J.J.J. Scholtz, Taalgereedskap, 4 November 1991 © Die Burger, Netwerk24, Media24
trefwoorde
betekenisverruiming
Zoom
zoombie
Zoombom
Zoomer
zoomzombie
Zumaïet
zumba
zump
-a
Afkorting en volvorm
afslaer
Asterisk wys nagedagte
Bê, sê die bok
Benamings laat struikel
berus
Besluite neem of maak?
Betekenis vra konteks
betekenisverhoudings
Betekenisverruiming gee woema
boer en Boer
Bologne tot Benoni
bywoord
DBAT
Deftig wees
Dialektiese variasies
Die tyd is nou
diernaam
dit wat
Één een
fooi
Gesukkel met name
Hoe werk die Taalkommissie?
Hoekom sprinkaan?
huh en uh-huh
huidiglik
hulpmiddele by skryf
Idiome wys taalvaardigheid
ingevoerde woorde
Is Afrikaans jonk?
kaplaks
kerfstok
kiri slam en iesegrimmig
Komma as desimale skeier
kort name
lankmoedig en verdraagsaam
Lexikos
loop en stap