Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 5 Februarie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)

Soek in:

Lank lewe die cattle rattle

Afslaers was mitiese figure. Die enigste ander ooms wat op ’n troon in ’n klein dorpie gestaan en praat het was predikers, regsgeleerdes of skoolhoofde.

Afslaers was ook priesters, maar van geld en handel. Hulle was gewoonlik besoekers, want goeie afslaers was skaars en moes ingebring word. Dit het my jare gevat om uit te maak wat hulle sê in hulle masjiengeweer-afslaer-brabbeltaal. Hulle het in lang frases gepraat wat gewoonlik ná ’n pouse begin het met ’n uitgerekte uitroep in ’n hoër toonhoogte, iets soos “heeeeyt” of “eeeeeeen”, en dan het hulle afgedaal in die snelvuur-dreunsang in, waar jy gewoonlik net hier en daar ’n syfer of ’n bedrag kon hoor.

Jy kon nie uitpluis of hulle Engels of Afrikaans praat nie, want dit wat jy kon herken, was in al twee tale. “Ekhedde vyftig, ekhedde vyftig, ek hedde vyftig, fiiiiiiftyyyyyy!” Elke afslaer het sy eie styl en besondere dreunsang. Die Engelse noem dit sy “chant”, en sommige Amerikaners noem dit sommer die “cattle rattle”.

Later, toe ek self ’n koper word, het ek agtergekom die syfers wat jy hoor, is eintlik maar al wat jy hoef te hoor. Die afslaer sal altyd heen en weer spring tussen twee bedrae – die bedrag wat reeds deur een van die kopers aanvaar is, en dan die volgende hoër bedrag waarvoor die afslaer ’n bod soek. Die res, tussenin, is net vullerwoorde waarmee hy sy dreunsang en ritme aan die gang hou.

Die doel van die dreunsang is eintlik net om ’n bietjie opgewondenheid en entoesiasme by die kopers op te wek, om drama te skep sodat dit voel of daar iets gebeur, om die veiling ’n ritme te gee en teen ’n goeie tempo deur die lotte te kom, want by sommige veilings moet hy deur 1 000 lotte per dag werk.

Dis nie belangrik om die vullerwoordjies te hoor en verstaan nie, maar dit kan baie vermaaklik wees, want ’n goeie afslaer is ook ’n komediant en platjie en ’n digter en verkoopsman.

’n Goeie afslaer ken sy bieërs. Wanneer die bieëry bietjie vashaak op ’n waardevolle bul, kan hy sagkens op ’n bieër se ego speel deur hom in die kollig te plaas: “Yes, oom Hannes, jy weet jy wil. Ons almal weet tant Marie hou van ’n roooooi bul!” Ek het al verskeie male gesien dat dit werk.

Jy sien en hoor nie eintlik die cattle rattle by die fênsie veilings waar die kuns en Europese ontwerpersmeubels verkoop word nie. Daai ouens praat in volsinne en alles is hoorbaar en verstaanbaar. Van daai soort veiling het ek egter nog nooit teruggery, drieuur op ’n Saterdagmiddag, met ’n bakkie en sleepwa hoog gelaai van moeë meubelstukke, in ’n tierende suidooster, maar op ’n manier in ’n zen-spasie, asof ek so pas vir ure gemediteer het nie. Mens wil nou nie laf en melodramaties raak nie, maar ek kan nogal glo dis hoe ’n rotsklimmer moet voel wat vir ure moes konsentreer om ’n uitdagende krans te klim.

Albertus van Wyk in © Vrye Weekblad, 24 November 2023  

trefwoorde

afslaer | assimilasie | stopwoord | vokaalrekking | vokaalverlenging | vullerwoord





Let wel
Kies in watter bron(ne) jy wil soek. As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Kyk hier onder hoe jy ook met behulp van spesiale karakters kan soek.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther