Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
Asterisk wys op agterna-gedagte
Die asterisk is die digterlikste van die leestekens. Asterisk is etimologies “klein sterretjie”, uit Grieks astèr “ster”, en ikos “klein”.
Gewoonlik word ’n verhoogde asterisk in ’n teks geplaas, en dan word onderaan die blaai, ná nog ’n verhoogde asterisk, ’n verbandhoudende gedagte gegee.
Mens kan etimologies aan ’n asterisk dink as ’n teken dat iets die skrywer te binne geskiet het ná die skryf van die lyfteks.
Paragraaf
’n Paragraaf is vandag vir die meeste mense ’n stuk teks wat ’n paar sinne lank is, en wat met ’n inkeping van die eerste reël begin. Oorspronklik is daar nie ’n inkeping in die teks gemaak nie, maar ’n teken in die kantlyn geplaas: ’n sogenaamde paragraaf. Die teken lyk so: ¶.
Die ¶-teken se naam is paragraaf. Vandaar het die naam oorgegaan op die stuk teks wat so gemerk is.
Paragraaf kry ons via Nederlands uit Frans, wat dit uit Latyn oorgeneem het, wat dit aan Grieks ontleen het. Die Griekse paragraphè is ’n samestelling van para “langsaan” en graphein “om te skryf”. En dit slaan letterlik op wáár die ¶-teken in die kantlyn langs die begin van die gemerkte teksdeel geskryf is.
Die paragraafkoeël (vet punt, ingekleurde blokkie, ens.) wat deesdae so volop in brosjures is, veral waar ’n lys items genoem word, is ’n nadruks- en onderskeidingsteken van die laaste vyftig jaar. Die woord paragraafkoeël is my vertaling vir die Amerikaanse bullet. Bullet het waarskynlik sy naam te danke aan sy oorspronklike vet ronde vorm.
Paraaf
Uit die Griekse paragraphè het ons nóg ’n woord, wat dieselfde taalpad geloop het: Van Grieks na Latyn na Frans na 19de-eeuse Nederlands na Afrikaans. Dit is die woord paraaf. ’n Paraaf is ’n handtekening wat bestaan uit die beginletters van ’n mens se naam. En mens “skryf” ’n paraaf gewoonlik ook “langs” ’n teksdeel, byvoorbeeld “langs” ’n klousule in ’n kontrak. Om so ’n handtekening te maak, is om te parafeer.
Paraaf se oudste vindplaas in geskrewe Nederlands dateer eers uit 1843. Afrikaans het dié woord dus ontleen lank nadat Afrikaans ’n afsonderlike taal geword het.
Die gebruik van paraaf is beperk tot regerings- en regskantore en die onderwys. Is dié woord dalk deur Paul Kruger se Hollander-staatsamptenare en -onderwysers ZAR toe gebring?
Karet
Die woord karet is die naam vir die “inlas-teken”, wat, ironies genoeg, deur sommige mense die “weglaatteken” genoem word. ’n Karet lyk soos ’n kappie met ’n tuit na bo: ^.
Anders verduidelik: ’n karet lyk soos ’n onderstebo Y, soms sonder nek.
Karet stam uit Latyn. Al wat Afrikaans gedoen het, is om die Latynse spelling caret te verafrikaans. In Latyn is caret die derde persoon enkelvoud van die werkwoord carere “om te mis, om sonder iets te wees”. Karet beteken etimologies dus: “dit kom kort”.
Johan Combrink, Taalskatkis, 29 Mei 1995 © Die Burger, Media24
trefwoorde
asterisk | karet | kolpunt | Latyn | leesteken | onderskeidingsteken | paraaf | paragraaf | paragraafkoeël | verafrikaansing
zero
zika
zikakoors
zikavirus
zikr
ZIKV
zilch
zoedel
zoei
zolkoekie
zombifikasie
zombifiseer
Zoom
zoombie
Zoombom
Zoomer
zoomzombie
Zumaïet
zumba
zump
-a
Afkorting en volvorm
afslaer
Asterisk wys nagedagte
Bê, sê die bok
Benamings laat struikel
berus
Besluite neem of maak?
Betekenis vra konteks
betekenisverhoudings
Betekenisverruiming gee woema
boer en Boer
Bologne tot Benoni
bywoord
DBAT
Deftig wees
Dialektiese variasies
Die tyd is nou
diernaam
dit wat
Één een
fooi
Gesukkel met name
Hoe werk die Taalkommissie?
Hoekom sprinkaan?
huh en uh-huh
huidiglik