Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Khoi-San s.nw. [versamelnaam] Ook Khoisan
Kaapse Khoi-, San-, Griekwa-, Korana- en Nama- etniese groepe met die oudste voetspoor in Suider-Afrika, en hulle afstammelinge: › Ondanks verbete weerstand is die Khoisan van die middel van die 17de eeu af onteien. Hul kultuur, taal en bestaanswyses is onderdruk namate hulle in die koloniale samelewing opgeneem is. Gedurende apartheid is die Khoisan as “kleurlinge” geklassifiseer naas verskeie ander gerassifiseerde groepe, wat die hardnekkige mite van hulle skynbare uitsterwing bevestig (Rafael Verbuyst, Vrye Weekblad, 3 Februarie 2023).
samestelling(s):
Khoi-San-afstamming
Khoisan(-)afstamming: › Die oorgrote meerderheid van mense wat Khoisan-herlewing voorstaan, glo nie dat nie-Khoisan-mense nie in Suid-Afrika hoort of dat nét hulle op die Khoisan-afstamming kan aanspraak maak nie. Hulle maak eerder beswaar dat hulle nie gehoor word of ernstig opgeneem word nie (Rafael Verbuyst, Vrye Weekblad, 3 Februarie 2023).
Khoi-San-bewussyn
Khoisan(-)bewussyn: › Khoisan-identiteit word afgemaak as anachronisties, rasgelaai of opportunisties. Verklarings van inheemsheid word gereduseer tot bewerings dat iemand “eerste” was of die grootste aanspraak op slagofferskap maak, miskien om identiteitspolitiek uit die apartheidsera te herverpak. Xenofobiese stellings deur sekere sosiale bewegings of sesessioniste het behoedsame kritici reg bewys, maar die Khoisan self is selde op ’n diepgaande wyse betrokke en kom eerder eendimensioneel voor (Rafael Verbuyst, Vrye Weekblad, 3 Februarie 2023).
Khoi-San-herlewing
Khoisan(-)herlewing: › Die oorsprong van Khoisan-herlewing lê in die verwerping van die “kleurling”-identiteit in die anti-apartheidstryd, asook die revisionistiese historiografie van die 1970’s en 1980’s (Rafael Verbuyst, Vrye Weekblad, 3 Februarie 2023).
Khoi-San-identiteit
Khoisan(-)identiteit: › Khoisan-identiteit is betekenisvol in die alledaagse en lei tot alles van toerisme-inisiatiewe, medisinale gebruike en modehandelsmerke tot geskiedeniswerksessies, kunsuitvoerings en geestelike byeenkomste. Die hoofsaak is nie om die verlede te kopieer of outensiteit na te jaag nie, maar om ’n dinamiese en stellig terapeutiese eenselwigheid te verkry (Rafael Verbuyst, Vrye Weekblad, 3 Februarie 2023).
katvis
katvissing
KBD
kebab
keboedel
keboel
keffertjie
kegelklits
kegelklitser
kennisekonomie
kerkbasaarpoeding
kerkhofbaan
kerrie
kersieplukker
keto-
keto-dieet
ketoet
ketoetie
ketogeen
ketogenies
kettingkyk
khamr
Khoekhoegowab
Khoi-San
KI
KI-agent
kiembie
kiemkoeser
kierang=
kieriekorting
kimchi
KIMiDi
kindwassene
kinoa
kintsoegi
kintsugi
kiromasie
kirpatse
kitaab
kitaar
kitsboodskap
kitschenalia
kitsskare
kjeent
kjint
klanklandskap
klavier