Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
kerkbasaarpoeding s.nw. | kerkbasaarpoedings | kerkbasaarpoedinkie | poeding van jellie en vla en/of kitspoeding(s) wat tradisioneel by kerkbasaars te koop is, dikwels in bakkies op ’n tafel uitgestal: › Wanneer laas het jy regte kerkbasaarpoeding geëet? Die een met rooi of groen jellie, karamel-bokspoeding, ’n skeppie vla en dalk ’n paar stukkies Flake-sjokolade? (Nettie Pikeur, Vrye Weekblad, 2 Augustus 2019). › Teen die middaguur was die terrein reeds stampvol Afrikaanssprekendes in Blou Bul- en Springbokbaadjies wat gesmul het aan eg Suid-Afrikaanse lekkernye soos boereworsrolle, koeksisters en basaarpoeding, terwyl motors steeds by die ingange ingestroom het (Rapport, 28 September 2009). › Met die uitsondering van bloubessie-kapokaartappels, wat amper soos kerkbasaarpoeding gelyk het en waarvoor ons nie kans gesien het nie, was al die bykosse – van groenboontjies tot roerbraainoedels, van sprietuie tot sampioene – subtiel maar o so verruklik gegeur (Ilse Zietsman, Die Burger, 13 Julie 2017).
◌ ENGELS: fête pudding | bazaar pudding
katel
katemba
kathak
kathakkie
katisfaksie
katjie
katjiebotter
katjieng
katkop
katoeter
katot
katsnorbaard
kattrovert
katvis
katvissing
KBD
kebab
keboedel
keboel
keffertjie
kegelklits
kegelklitser
kennisekonomie
kerkbasaarpoeding
kerkhofbaan
kerrie
kersieplukker
keto-
keto-dieet
ketoet
ketoetie
ketogeen
ketogenies
kettingkyk
khamr
Khoekhoegowab
Khoi-San
KI
kiembie
kiemkoeser
kierang=
kieriekorting
kimchi
KIMiDi
kindwassene
kinoa
kintsoegi