Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
katjiebotter s.nw. [geen meervoud] (informeel) grondboontjiebotter: › As ek die waspapier oopgevou het, het daar gewoonlik ’n wankelrig gesnyde stuk growwebrood gewag [...] Soms was daar Black Cat-grondboontjiebotter, wat bleeksiele op strande kwansuis bogemiddelde krag kon gee om spiertiere in die sand in te trap. Nét “katjiebotter”, sonder iets soets daarby (Madeleine Barnard, Vrye Weekblad, 28 Januarie 2022). › Elke dag behalwe Vrydae kry hulle ook ’n toebroodjie met ghries – katjiebotter met jam gemeng (Lize Albertyn-du Toit, Die kinders van Spookwerwe, 2019). › Katjiebotter bly nr. 1-keuse [...] Dié kat kom nie weer nie, hy’t byna 90 jaar gelede al gekom om te bly (Sarie, Maart 2015).
◌ ENGELS: peanut butter
oorsprong:
Na die gevestigde SA handelsnaam Black Cat en die prentjie van ’n kat op die etiket van bottels waarin grondboonbotter van dié vervaardiger verpak word.
kans
kanselleer
kanselleerkultuur
kantie
kapana
kapittel
kaplet
kappie
kappiebaadjie
kappietop
karamonk
Karen
Karoleaans
Karoo-oester
kat
katalogusbruid
katalogushuwelik
katel
katemba
kathak
kathakkie
katisfaksie
katjie
katjiebotter
katjieng
katkop
katoeter
katot
katsnorbaard
kattrovert
katvis
katvissing
KBD
kebab
keboedel
keboel
keffertjie
kegelklits
kegelklitser
kennisekonomie
kerkbasaarpoeding
kerkhofbaan
kerrie
kersieplukker
keto-
keto-dieet
ketoet