Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 20 Junie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

Karen s.nw. | Karens | (figuurlik, afkeurend, neerhalend) Ook Karin
naam wat gebruik word om na die stereotipe te verwys van ’n bevoorregte, selfsugtige, veeleisende, dikwels rassistiese wit vrou, gewoonlik middeljarig, wat aandring op haar sin, ook ten koste van ander: In ’n Amerikaanse artikel sien ek die volgende definisie: “Karen is ’n uittartende term vir ’n eiegeregtige, verwaande, middeljarige wit vrou. Sy word gestereotipeer as iemand met ’n blonde bob. Sy het die gewoonte om gereeld te vra om met kleinhandel- en restaurantbestuurders te praat om te kla oor iets, of om eise te stel. Sy is gewoonlik ’n temerige geskeide ma uit Generasie X (Madeleine Barnard, Vrye Weekblad, 5 Junie 2020). ’n Tipiese Karen van dié subspesie is salig onbewus van haar bevoorregting. Haar wit vel en Christelike ‘waardes’ gee haar die reg om ’n arbiter van ander se deug te wees. Haar ekstreme sense of entitlement maak haar blind en doof vir haar eie onkundigheid en aanstootlikheid. Karen het as ’n reël slegs deernis met haar eie mense – wit, behoudende Afrikaners (Hannelie Booyens, Vrye Weekblad, 5 Junie 2020). Ek’s nie een vir Karens nie. Vir my gaan dit oor die kans om te kan luister na iemand wat kan gesels oor die dinge wat my kielie op uiteenlopende vlakke (Kerneels Breytenbach, Vrye Weekblad, 19 Junie 2024). Hier by my stembus was daar ’n paar wit Karens en Karels wat gebrom het oor hoe onbeholpe die OVK was, maar die meeste van ons was maar geduldig – en vasberade (Max du Preez, Vrye Weekblad, 31 Mei 2024).
ENGELS: Karen


samestelling(s):
Karen-verskynsel: Toe die Karen-verskynsel begin kop uitsteek, het dit my heelwat binnepret besorg [...] Ek ken ’n paar wonderlike Karens/Karins – vroue van inbors en deug met groot harte en oop koppe. Maar ek het ook al met die ander soort Afrikaanse Karen te doene gekry en haar bekrompe kleinsieligheid aan my bas gevoel. Dié dame (wat verseg om te verstaan waarom die woord ‘dame’ of ‘blanke’ problematies is) is ’n toksiese kombinasie van beterweterigheid en neus-in-die-lug benepenheid (Hannelie Booyens, Vrye Weekblad, 5 Junie 2020).


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Bolmakiesie van woke (LitNet)

Apeneutjies en katjiebotter vir die slimjanne (Netwerk24)

Gril jy jou ook dood vir ’n klamhandjie? (Netwerk24)

Sal jy die toets kan slaag om te wys jy is mens? (Netwerk24)

Alle konings is kêrels, maar nie alle kêrels konings nie (Netwerk24)

Dalk is die pyn in jou hande whatsappitis (Netwerk24)

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther