Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
kanga s.nw. | kangas | Ook khanga
helderkleurig bedrukte doek van ligte katoen wat deur vroue en soms ook mans van die Groot Mere-gebied in Afrika as kledingstuk, byvoorbeeld as ’n romp, om die lyf gedra en ook as tafeldoek gebruik word, dikwels met ’n middelstuk en ’n ander patroon om die rand: › Die mark met sy klanke, kleure en smake was dadelik haar gunstelingplek. Sy verlustig haar elke keer aan die tropiese vrugte, gekleurde kangas (tradisionele Swahili-lappe vir rompe of tafeldoeke), goeie tee en lekker geselskap (Suzette Truter, Sarie, November 2020). › Die Swahili’s [...] en al die ander inwoners van Kenia se suidelike kusoord [...] lyk vroegoggend reeds kleurryk in hul kangas (Beeld, 3 Julie 1993).
◌ ENGELS: kanga
kabeldiefstal
kabelskaats
kaboedel
kaboel
kabouter
kader
kaderontplooiing
kaggel
KAI
kak
kakebeenbreker
kakkies
kakorrafiofobie
kakpot
kala
kalender
kalipso
kalm
kalonji
kamer
kamp
kampstoel
kanarie
kanga
kankerstokkie
kannabidiol
kannabinoïed
kannabis
kannibaliseer
kannie
kanonvoet
kans
kanselleer
kanselleerkultuur
kantie
kapana
kapittel
kaplet
kappie
kappiebaadjie
kappietop
karamonk
Karen
Karoleaans
Karoo-oester
kat
katalogusbruid