Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 20 Junie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

kappies, mantels en cappuccino’s

In Laat Latyn is daar die woord cappa, van onbekende herkoms. Dit beteken “hoofbedekking” en “mantel”. Om die verband tussen die twee betekenisse te sien, is maklik: ’n Mantel het in Europa van vroeër meestal ’n vaste hoofbedekking ingesluit. Maar mettertyd het die twee betekenisse uitmekaar ontwikkel.

Afrikaans se erfenis uit cappa is baie ryk.

Ten eerste is daar ons kappie, wat so eg, eg Afrikaans klink. En daar is die kapstok – die woord lyk so inheems, nè? – waaraan mens jou hoofbedekking of mantel of jas of baadjie hang. Ten tweede is daar die Afrikaanse woord kep of keps wat onlangs aan Engels ontleen is, wat dit op sy beurt uit die Latynse cappa kry.

Boshoff en Nienaber reken in hulle Afrikaanse Etimologieë dat die uitdrukking ’n kap maak (’n dop steek) miskien verband hou met die Engelse night-cap, die laaste drankie voor slapenstyd. As dit so is, sit ons in die uitdrukking met nog ’n stukkie indirekte Latyn in Afrikaans.

Ten derde is daar kapel. Die woord kapel (“kerkie”, “gebedshuisie”) kry Afrikaans via Nederlands direk uit Latyn. Die Laat Latynse verkleinwoord cappella beteken niks anders as “manteltjie” nie. Die cappella is in Laat Latyn so genoem nie op grond van vorm-ooreenkoms nie, maar omdat ’n godsdienstige reliek, nl. die mantel van sint Maarten, deur verskeie Franse in so ’n gebedshuisie bewaar is. Die naam van die deel (manteltjie) het vervolgens oorgegaan op die geheel (geboutjie).

Engels kry sy verwante woord chapel nie direk uit Latyn nie, maar via Ou Frans chapele. Uit dié Ou Franse chapele kom ook die gewone Franse woord vir ’n hoed: chapeau (sja-POO uitgespreek).

’n Kapelaan is etimologies ’n manteloppasser of ’n mantelkerkpriester. (Let op die één l van kapelaan.)

Die bol-hol-vorm, d.w.s. die bakvorm, van ’n cappa of ’n cappella het ook mettertyd invloed uitgeoefen op woordvorming in Europese tale. So het ons in Afrikaans byvoorbeeld ook ’n slang wat ’n kapel of ’n kapelslang of ’n koperkapel genoem word. Koperkapel is ’n vervorming van die Portugese naam cobra de capello, “kobra met die bakkie”. En die slang se ander naam in Afrikaans is dan nie verniet bakkop(slang) nie.

In die Middeleeue het die monnike ’n gepunte kap gedra. Dié kap heet in Italiaans cappuccio. Die verkleinwoord is cappuccino. Daaruit het die Franse capucin gemaak, en hieruit het die Nederlanders kapusyn gemaak. Dié kapusyn is toegepas nie net op die “kappie” nie, maar ook op die draer van die kappie.

In 1525 is die Kapusynerorde gestig as ’n tak van die Fransiskane. ’n Kapusyn of ’n Kapusynermonnik is ’n monnik wat baie armoedig leef, sandale dra en ’n bruin py met ’n aangehegte puntkap (cappuccino).

En ten slotte het die kleur van die Kapusynermonnik se py oorgegaan op ’n drankie: cappuccino, wat ’n moderne Italiaanse leenwoord in Afrikaans is.

Johan Combrink
Taalgereedskap: Die Burger, 31 Januarie 1994 © Netwerk24
In die Woordeboek van Afrikaans Vandag opgeneem met toestemming.  



Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Bolmakiesie van woke (LitNet)

Apeneutjies en katjiebotter vir die slimjanne (Netwerk24)

Gril jy jou ook dood vir ’n klamhandjie? (Netwerk24)

Sal jy die toets kan slaag om te wys jy is mens? (Netwerk24)

Alle konings is kêrels, maar nie alle kêrels konings nie (Netwerk24)

Dalk is die pyn in jou hande whatsappitis (Netwerk24)

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther