Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
ketogeen b.nw. | ketogene | Ook ketogenies | ketogeniese |
wat ketoonverbindings vorm of daarin omgesit word.
› ketogene dieet ◌ Ook ketogeniese dieet, keto-dieet ◌ streng dieet wat bestaan uit ’n hoë inname van vet en min koolhidrate: › Jou lyf kan ook vet verbrand om energie te kry, en dit word benut in die vorm van molekules, oftewel ketone, wat deur die lewer vervaardig word wanneer vet gemetaboliseer word. Dié metaboliese oorskakeling staan as ketose bekend ... Die LKHV-diëte soos banting en keto skakel jou metabolisme oor na ketose. Enige dieet waar vet pleks van koolhidrate gemetaboliseer word, is in wese ’n keto-dieet (Elri Voigt, Vrye Weekblad, 21 Mei 2021). › In 2016 het hy begin om ’n ketogene dieet te volg. Dié plan sny alle koolhidrate soos aartappels, pasta en brood uit en fokus meer op natuurlike vette soos dié wat in neute, avokado’s en vleis voorkom (Marlise Scheepers, Huisgenoot, 5 Oktober 2018).
› ketogene eetplan ◌ Ook ketogeniese eetplan ◌
KYK OOK: LKHV
katkop
katoeter
katot
katsnorbaard
kattrovert
katvis
katvissing
KBD
kebab
keboedel
keboel
keffertjie
kegelklits
kegelklitser
kennisekonomie
kerkbasaarpoeding
kerkhofbaan
kerrie
kersieplukker
keto-
keto-dieet
ketoet
ketoetie
ketogeen
ketogenies
kettingkyk
khamr
Khoekhoegowab
Khoi-San
KI
KI-agent
kiembie
kiemkoeser
kierang=
kieriekorting
kimchi
KIMiDi
kindwassene
kinoa
kintsoegi
kintsugi
kiromasie
kirpatse
kitaab
kitaar
kitsboodskap
kitschenalia