Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
kiembie s.nw. | kiembies | [ook met ’n hoofletter] (informeel, handelsnaam) weggooidoek vir ’n baba: › Sy het ná die geboorte van haar dogter by verskeie plekke gewerk en moes haar vingers stompies werk om seker te maak daar was elke dag melk en kiembies (Chrislynn Sias, Kuier, 23 Oktober 2020). › Die taal wat [Brian] Fredericks sy karakters laat praat, val bekend op die oor, soos die ding van handelsname wat in die volksmond produkte se verwysingsname word. Maak nie saak wat die regte brand eintlik is nie. So praat hy van kiembies vir weggooi-babadoeke – Kimbie’s was een van die eerste handelsname in Suid-Afrika en die naam het bly klou vir babadoeke. Dit is woorde soos dié wat help dat mens die karakters kan hoor praat (Ronelle Simmons, Netwerk24, 31 Augustus 2020). › David het bottels gemaak, winde uitgevryf en kiembies omgeruil (Maria Hoop, Kuier, 31 Augustus 2018).
◌ SINONIEM(E): babadoek | luier
◌ ENGELS: nappy
kebab
keboedel
keboel
keffertjie
kegelklits
kegelklitser
kennisekonomie
kerkbasaarpoeding
kerkhofbaan
kerrie
kersieplukker
keto-
keto-dieet
ketoet
ketoetie
ketogeen
ketogenies
kettingkyk
khamr
Khoekhoegowab
Khoi-San
KI
KI-agent
kiembie
kiemkoeser
kierang=
kieriekorting
kimchi
KIMiDi
kindwassene
kinoa
kintsoegi
kintsugi
kiromasie
kirpatse
kitaab
kitaar
kitsboodskap
kitschenalia
kitsskare
kjeent
kjint
klanklandskap
klavier
kleinkindonderwys
kleinkindontwikkeling
kletsbot