Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
klanklandskap s.nw. [gewoonlik enkelvoud] natuurlike of vervaardigde akoestiese omgewing wat deur ’n mens waargeneem word: › As jy met jou selfoon die QR-kode op ’n kunswerk skandeer, speel daar ’n klanklandskap wat ’n tipe emotiewe klankbaan skep (Herman Lategan, Vrye Weekblad, 17 Januarie 2025). › Die klanklandskap [...] intensifiseer die ervaring. Die gedig word in sewe dele aangebied en is verweef met dreunsange, kitaar en ’n mengsel van akoestiese en elektroniese perkussie [...] Hierdie samesmelting van poësie, musiek en animasie neem die gehoor deur die strate van Johannesburg (Woordfees, 2024). › Ek sien so uit om Saterdag te kuier [...] Ek gaan sing en gesels oor die tema: Hoe klink jou klanklandskap? (Esté Gross, X, 26 Februarie 2024). › Aanhangers van Afrikaanse TV [...] kan die reeks nou opnuut deur ’n besonderse en meevoerende “klanklandskap” beleef (Christiaan Boonzaier, Netwerk24, 30 Desember 2021).
◌ SINONIEM(E): geluidlandskap | klankomgewing
◌ ENGELS: soundscape
Khoekhoegowab
Khoi-San
KI
KI-agent
kiembie
kiemkoeser
kierang=
kieriekorting
kimchi
KIMiDi
kindwassene
kinoa
kintsoegi
kintsugi
kiromasie
kirpatse
kitaab
kitaar
kitsboodskap
kitschenalia
kitsskare
kjeent
kjint
klanklandskap
klavier
kleinkindonderwys
kleinkindontwikkeling
kletsbot
kletsdiens
kletssfeer
kleur
kliek 1
kliek 2
klik
klikaas
klimaatineenstorting
klimaatplakker
klimaatsverandering
klimaatsveranderingskeptikus
klimaatwoord
klinomanie
klip
klipgooi
klipgooier
klo'goed
klossiepeer
kluisketting