Bygewerk op 2 Maart 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 449

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

hipster s.nw. | hipsters | (uit Engels)
1
(soms neerhalend) jong, modieuse (veral manlike) persoon, gewoonlik welaf, wat behoort tot ’n subkultuur wat teruggryp na ’n soortgelyke stroming in die jare dertig en veertig van die vorige eeu, onder meer gekenmerk deur die dra van ’n retro- of sonbril, tatoes, klere met ’n ouderwetse voorkoms, die luister na alternatiewe musiek, gereelde besoeke aan koffiedrinkplekke en kieskeurige eet- en drinkgewoontes. Manlike hipsters het dikwels ’n baard of snor: Die hipster – ’n stedeling met ’n effe aangeplakte groen houding, musiek-, koffie-, kos- en biersnobisme en boheemse pretensies – is nie ’n nuwe verskynsel nie (Danie Marais, Beeld, 18 Februarie 2014). In die 21ste eeu is vintage-klere weer gewild (veral onder hipsters), langspeelplate is die jongste gier, foto’s word op Instagram gedokter om oud te lyk, en kontemporêre musiek neig na die verlede in ’n wêreldwye oplewing in folk- en countrymusiek (Beeld, 10 November 2014). Ons het hom leer ken in die treffer-reeks Die boekklub, waar hy as die koffie-obsessed semi-hipster Tom in kykers se harte geklim het (Hanlie Retief, Rapport, 3 Maart 2019).

2
langbroek wat nie tot by die middel reik nie, maar laag en styf om die heupe pas.


samestellings:
hipsterjeans


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther