Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
halaal [uitspraak: galaal] b.nw. [attr. en pred.] (Islam) geoorloof; wat deur God toegelaat word: › Die woord “halaal” word nie tot voedselinname beperk nie, maar wel vir enige aksie wat God se goedkeuring wegdra, bv. wanneer ’n man en vrou wettiglik getroud is, dan is seksuele omgang tussen hulle “halaal”, terwyl omgang tussen ongehudes, “haraam” (belet) is. (Moosa Patel, Islam vir bekeerlinge, belangstellendes, vreemdelinge en nuwelinge).
◌ TEENOOR: haraam
UITDRUKKING(S):
♦ halaal en haraam goed en kwaad: › As tiener het sy die krag van die dialektiese dualisme ervaar toe sy met die Moslem-broederskap gekonfronteer is. Binnekort sou sy die wêreld deur ’n prisma van goed en kwaad beskou: hala[a]l en hara[a]m (Bertus van Niekerk, Vrye Weekblad, 15 Desember 2023).
grootdata
grotsindroom
grypkultuur
grys
grysskoenbrigade
GSM
guavadella
guavadilla
gwarragoed
gwenza
gysel
gyselware
haairoeper
haaiwag
haak
haan
haarne
haarselwers
haas
haasgras
haatspraak
Haggada
hak
halaal
hallelujavoete
haloep
hamburgerknoppie
hamburgermenu
hamster
hand
handblitser
handdrukverbod
handeklapkerk
handelsmerkambassadeur
handjel
handlappie
handreiniger
handwasser
hanna-hanna
Hanuman
Hanyu Pinyin
hap
hapax
hapax legomenon
hapties
haraam
hare