Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
handelsmerkambassadeur s.nw. | handelsmerkambassadeurs | Ook merkambassadeur
bekende/gewilde persoon met ’n positiewe openbare beeld wat deur ’n onderneming of organisasie gekies (en vergoed) word om in die openbaar die instansie se handelsmerk te dra/vertoon, in die sosiale media na spesifieke dienste en/of produkte te verwys, daaroor te praat en/of dit te demonstreer om daardeur die publiek se bewustheid van die handelsmerk te verhoog, verkope te stimuleer, en dies meer: › Khloe kry ook ’n klompie geld van haar werk as handelsmerkambassadeur en vir betaalde Instagram-plasings – soos vir dié een vir ’n tee wat jou maag glo plat maak (Rozanne Els, Vrye Weekblad, 5 Maart 2021). › Dis nie sommer hierjy-sakke nie – daarvan getuig ook die prys en die feit dat [’n] gewese Mej. Suid-Afrika [...] die handelsmerkambassadeur is (Michèle Meyer, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019).
◌ ENGELS: brand ambassador
KYK OOK: sosialemedia-beïnvloeder
gysel
gyselware
haairoeper
haaiwag
haak
haan
haarne
haarselwers
haas
haasgras
haatspraak
Haggada
hak
halaal
hallelujavoete
haloep
hamburgerknoppie
hamburgermenu
hamster
hand
handblitser
handdrukverbod
handeklapkerk
handelsmerkambassadeur
handjel
handlappie
handreiniger
handwasser
hanna-hanna
Hanuman
Hanyu Pinyin
hap
hapax
hapax legomenon
hapties
haraam
hare
hart
harts-
hartsmens
hasjisj
hayibo
HDPE
heem
heemverbinding
heen-en-weerdery
Heilige Nag