Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
hetero-normatief b.nw. | hetero-normatiewe | ◌ Ook heteronormatief ◌ wat dui op of verband hou met ’n wêreldbeeld wat heteroseksualiteit as die normale of gewenste seksuele oriëntasie bevorder of aanmoedig: › So ’n uitspraak berus op ’n hetero-normatiewe verstaan van die Bybel. En waar “hetero” die norm is, sal “homo” die afwyking wees! (Die Burger, 24 Oktober 2013). › Met ’n eerste gay deelnemer aan ’n reeks wat tot nou toe blatant hetero-normatief en patriargaal was, kan ’n mens ook verstaan dat […] veilig wil speel en eerder sal mik na die butch kant van die gay glyskaal as die slap-polse-drama-queen-uithoek van die spektrum (Hannelie Booyens, Vrye Weekblad, 31 Mei 2019). › […] se twiet gee kykers ’n uiterse beperkte blik op queer-identifiserende individue in Suid-Afrika, spesifiek onder die Afrikaner-gemeenskap. Met een woord, “manlik”, word daar laer getrek oor die “regte” manier van gay-wees. Dit kan heel onskuldig dui op jou geslag, maar rondom die term “manlik” is daar soveel waardes en merkers wat dit as ’t ware ’n semantiese mynveld maak. Dit normaliseer “manlike” gay mans wat hetero-normatiewe genderrolle bevorder en idealiseer ’n gay-identiteit waar hipermanlikheid en die tradisionele opvattings oor manlikheid gevier word. So word ’n hele spektrum mans met ander queer-identiteite uitgesluit (Adriaan Roets, Netwerk24, 20 Mei 2019). ◌ ENGELS: heteronormative
harts-
hartsmens
hasjisj
hayibo
HDPE
heem
heemverbinding
heen-en-weerdery
Heilige Nag
hek
hekel
helikopterma
helikopterouer
help-my-sterk-lyk-hempie
herbruikbaar
herinneringstuin
herlewingsboerdery
herlewingslandbou
hersikleer
herstelknoppie
hertwiet
herverbeel
heteronormaal
hetero-normatief
hetero-normatiwiteit
hibried
hidjab
hidroksichlorokien
hidrolise
hierjy-
hipermedia
hipster
HKGK
HNWI
hoeha
hoek
hoeka
hoender
hoendervoet
hoëoktaan-
Hoerikwaggo
hoernalis
hoerpyp
hoes
hoe-se-naam
hoesskaamte
hokslaantyd