Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
hidjab, hidjab s.nw. (Arabies) ◌ Ook hijab ◌
1 | hidjabs | hoofbedekking in die vorm van ’n serp of sluier wat die kop, nek en skouers bedek en deur sommige Moesliemvroue en -meisies in die openbaar gedra word: › Honderde studente en leerlinge in die Oos-Indiese stad Kolkata het slagspreuke gedreunsing en paaie versper uit protes teen ’n verbod op die dra van die hidjab, ’n sluier wat Moslem-vroue gebruik (Netwerk24, 9 Februarie 2022). › Die nuwe minister van hoër onderwys het nie gesê of vroue hul gesigte moet bedek nie, maar hulle sal verplig word om ’n hidjab te dra (Netwerk24, 13 September 2021). › Die Taliban se ministerie vir die bevordering van sedelikheid en die voorkoming van onsedelikheid [...] sê dit is nie verpligtend nie, maar geloofsriglyne. Hiervolgens moet vrouejoernaliste en -aanbieders hidjabs dra wanneer hulle voor die kamera verskyn (Netwerk24, 22 November 2021).
2 [geen meervoud] reël en plig dat Moesliems beskeie moet aantrek en kuis moet optree. ◌ ENGELS: hijab
KYK OOK: boerka, nikaab, tsjador
hayibo
HDPE
heem
heemverbinding
heen-en-weerdery
Heilige Nag
hek
hekel
helikopterma
helikopterouer
help-my-sterk-lyk-hempie
herbruikbaar
herinneringstuin
herlewingsboerdery
herlewingslandbou
hersikleer
herstelknoppie
hertwiet
herverbeel
heteronormaal
hetero-normatief
hetero-normatiwiteit
hibried
hidjab
hidroksichlorokien
hidrolise
hierjy-
hipermedia
hipster
HKGK
HNWI
hoeha
hoek
hoeka
hoender
hoendervoet
hoëoktaan-
Hoerikwaggo
hoernalis
hoerpyp
hoes
hoe-se-naam
hoesskaamte
hokslaantyd
holhang
holhanger
Holi