Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
ghellie | ghellies | Ook ghellieblik | ghellieblikke | ghellieblikkie | of ghelliedrom | ghelliedromme |
groterige blik, gewoonlik ’n leë verf- of paraffienblik, waarvan die wand vol (lug)gate gekap is en waarin daar vir koskook of verwarming vuurgemaak word: › Dit is ’n bekende feit dat die ghellie se kole goed uitgebrand moet wees voordat dit die herberg ingebring word. Anders is die koolstofgas dodelik. (A.H.M. Scholtz, Langsaan die vuur, 1995). › Die Afrikaanse Taalmuseum het as deel van die Paarl se jaarlikse Storievertelfees die Ghellie-klets aangebied. By die heerlike kuiergeleentheid het seremoniemeester Johann Bakkes mense soos Peter de Villiers, Hemelbesem, Loit Sôls, Gerrit Rautenbach en Ben 10 bymekaar gekry om stories rondom die ghellie-blik te vertel en musiek te maak (Naomi Bruwer, LitNet, 29 September 2015). › Kom sit om die ghellieblik saam met bobaasstorievertellers wat ’n hond uit ’n bos gesels: Só lui die uitnodiging na Ghellieklets, een van meer as 20 geleenthede op die program van die Storievertelfees … in die Paarl en omgewing (Netwerk24, 11 September 2015).
◌ SINONIEM(E): konka | kolekonka | vuurkonka | vuurblik | vuurkan | (Zoeloe) mbawula
◌ ENGELS: konka | brazier
UITDRUKKING(S):
♦ saam om die ghellieblik staan vriendskaplik saamkom/vergader: › Hoepelik staan ôs nou mee kee saam ommie ghellieblik byte ôs kampe as Boeta N.P. se Afrikaner-“intellektueel” (Jeremy Vearey, N.P. van Wyk Louw-gedenklesing, 18 Junie 2020).
geskryfde
geslagsdisforie
geslagsgeweld
geslagskleur
geslagsneutraal
gesondheidsbevorderingsheffing
gesondheidspas
gesteunde
getap
getjarra
getjil
geuraksent
gevaar
gevaarloon
gevoetesleep
gewatsegoeters
gewingerd
gewoer-woer
gewolt
gezoei
gezonk
ghaazie
ghai
ghellie
ghielap
ghoemahare
ghoentoem
ghoes
ghoesl
ghonnaghoet
ghost
ghries
ghwa
ghwaai
gielaaf
gierplank
gierslaaf
gigu
gin
gin-en-tonic
GIS
giya
GKI
glamp
glampeer
glansgans
glanskamp