Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
giya s.nw. | giyas | (Zoeloe) Zoeloe-oorlogsdans: › Elke nou en dan sal ’n impi (Zoeloe vir kryger) van die kringetjie wegbreek en ’n giya (oorlogsdans) uitvoer wat sy persoonlikheid weerspieël (Chris du Plessis, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019). › Wanneer hulle gereed is vir hul mondigwording as amaBungu (jong krygers), moet hulle ’n giya voor die hele gemeenskap uitvoer. Die giya is ’n soort skaduboksgeveg teen ’n denkbeeldige teenstander (of jou alter ego) met die izoliHauw (skild) en isiquili (stokke) as jou wapens, en die uboko (vegstok) vir beskerming. Maar die geveg is ook ’n bevestiging van die jong kryger se status as ’n manlike lid van die gemeenskap. Tydens die giya sal die gemeenskap dié status uitdaag deur hom te tart en hom sy soms neerhalende byname toe te snou (Chris du Plessis, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019). › Hoe onvleiend sommige van die Zoeloe-byname ook al was, is dit as erename beskou en dis dié name wat die gemeenskap tydens ’n seun se giya uitroep (Chris du Plessis, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019).
KYK OOK: indlamu
gewoer-woer
gewolt
gezoei
gezonk
ghaazie
ghai
ghellie
ghoemahare
ghoes
ghoesl
ghonnaghoet
ghost
ghries
ghwa
ghwaai
gielaaf
gierplank
gierslaaf
gigu
gilap
gin
gin-en-tonic
GIS
giya
glamp
glampeer
glansgans
glanskamp
glanskampeer
glanskampering
glim-
gloeigroen
glottisslag
gochujang
goedkooprig
Goema
goentoem
-gogga
goggahotel
gogo
gomlekker
gommetjie
gooi
gorillapolitiek
GOS
goud
gouspring=