Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
ghoemahare s.nw. [geen meervoud] suiker met pastelkleursel daarby ingemeng wat gespin is tot ’n bol lekkergoed wat aan watte herinner, gewoonlik op 'n stokkie of in 'n deursigtige, luggevulde plastieksakkie aangebied: › Jou siel sleep. En in jou kom lê ’n diep lus vir outydse pienk ghoemahare. Pienk suikervertroosting wat om en om ’n stokkie gedraai is en nie ’n opgepofte plêstieksakkie met grillerige pienk of groen spookasem daarin nie (Anastasia de Vries, Die Burger, 9 November 2001). › Regte ghoemahare waaraan kinders hulle kotsnaar kon eet toe hulle nog kon vertrou dat grootmense niks meer sou doen as net die taaigeit van hul gesig afvee nie. (Anastasia de Vries, Die Burger, 9 November 2001).
◌ SINONIEM(E): spookasem | suikerdons
◌ ENGELS: candyfloss
KYK OOK: spookasem
samestelling(s):
ghoemahare-pienk: › Ryg aan dié lap jou ghoemahare-pienk een, sal jy? (Anastasia de Vries, Die Burger, 9 November 2001).
geslagsgeweld
geslagskleur
geslagsneutraal
gesondheidsbevorderingsheffing
gesondheidspas
gesteunde
getap
getjarra
getjil
geuraksent
gevaar
gevaarloon
gevoetesleep
gewatsegoeters
gewingerd
gewoer-woer
gewolt
gezoei
gezonk
ghaazie
ghai
ghellie
ghielap
ghoemahare
ghoentoem
ghoes
ghoesl
ghonnaghoet
ghost
ghries
ghwa
ghwaai
gielaaf
gierplank
gierslaaf
gigu
gin
gin-en-tonic
GIS
giya
GKI
glamp
glampeer
glansgans
glanskamp
glanskampeer
glanskampering