Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
gewolt [uitspraak: ghe-wolt] s.nw. [geen meervoud] (uit Duits, informeel)
1 affêre; bohaai; ding; gedoente: › Die gewolt rondom […] het darem nou bietjie bedaar (Phillip Louw, Facebook, 10 November 2015). › Dit het ’n groot gewolt afgegee, met die hele straat se mense wat staan en kyk (Dirk Pretorius, LitNet, 1 Mei 2014). › In hul kamer sit haar kammie met die nuwe Onderwys Gazette en sê: “Man, ons moet vir poste skiet. Ek sê jou mos: los daardie honneurs van jou. Dan’s jy sommer ontslae van Ben ook, sonder gewolt” (Elsa Joubert, Die reise van Isobelle, 1995).
2 krag; geweld: › Eers daardie vreemde stilte voor die donderende gewolt losbars (Michèle Meyer, Vrye Weekblad, 20 Desember 2019).
gesigsbiometrie
gesigskild
gesigsuier
gesin x familie
gesinslek
geskryfde
geslagsdisforie
geslagsgeweld
geslagskleur
geslagsneutraal
gesondheidsbevorderingsheffing
gesondheidspas
gesteunde
getap
getjarra
getjil
geuraksent
gevaar
gevaarloon
gevoetesleep
gewatsegoeters
gewingerd
gewoer-woer
gewolt
gezoei
gezonk
ghaazie
ghai
ghellie
ghoemahare
ghoes
ghoesl
ghonnaghoet
ghost
ghries
ghwa
ghwaai
gielaaf
gierplank
gierslaaf
gigu
gilap
gin
gin-en-tonic
GIS
giya
glamp