Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
gesin x familie
Die meeste Afrikaanssprekendes se familie is baie groter as hulle gesin.
’n Gesin bestaan gewoonlik uit die ouer(s) en die kind(ers). As die kinders nog jonk is, bly hulle in die (ouer)huis. Ons praat byvoorbeeld van ’n huisgesin, nie van ’n huisfamilie nie.
’n Familie bestaan onder mense gewoonlik uit al die bloed- en huweliksverwante. Mens praat byvoorbeeld van iemand se skoonfamilie, nie sy skoongesin nie.
Familie kan gebruik word selfs vir baie verlangse verwante. Al die mense met die van Gous/Gouws/Gauch/Gauche kan in 2041 ’n familiesaamtrek hê, want dan dit is 350 jaar na die aankoms van stamvader Andre Gauch. Hier verwys familie na duisende mense.
Maar één van die betekenisse van familie is ook “ouer(s) en kind(ers)”, net soos dié van gesin. Hierdie betekenis is geen anglisisme nie; dit is erfgoed uit 17de-eeuse Nederlands.
Mens kan om’t ewe vra: “Het julle al met ’n gesin begin?” of “Het julle al met ’n familie begin?”
Ons mag nie toelaat dat skyn-Engels ons eie taal verarm nie.
Maar dit betaal om presies te wees met woorde, en om so dan misverstande te voorkom. As ek iemand uitnooi om Sondag “met sy familie” by my te kom vleis braai, kry ek dalk baie meer gaste as op wie ek (en my vrou!) voorbereid is.
Johan Combrink
Taalgereedskap: Die Burger, 21 Februarie 1994 © Netwerk24
In die Woordeboek van Afrikaans Vandag opgeneem met toestemming.
gentrifiseer
gentrifisering
geoligging
geolokalisering
geolokasie
geomitologie
geopolitiek
geoposisie
geoposisionering
geoskattejag
geosmien
geosmine
geostasionêre satelliet
geraasonderdukkend
Germaans
geruisdempend
geruisdowend
geselsbot
geselsrobot
gesigherkenningstegnologie
gesigsbiometrie
gesigskild
gesigsuier
gesin x familie
gesinslek
geskryfde
geslagsdisforie
geslagsgeweld
geslagskleur
geslagsneutraal
gesondheidsbevorderingsheffing
gesondheidspas
gesteunde
getap
getjarra
getjil
geuraksent
gevaar
gevaarloon
gevoetesleep
gewatsegoeters
gewingerd
gewoer-woer
gewolt
gezoei
gezonk
ghaazie