Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
geskryfde s.nw. | geskryfdes | (letterkunde)
1 die geskryfde Ook gebiografeerde
persoon wat die onderwerp van ’n biografie is: › Dit is verstaanbaar dat ’n biograaf op dun ys skaats wanneer die geskryfde en die meeste van haar intieme vriende nog lewe (Daniel Hugo, Netwerk24, 17 Mei 2020).
◌ ENGELS: biographee
2 die geskryfde werklike persoon wat in ’n literêre teks herkenbaar is: › Ek wil spesifiek praat oor die netelige posisie waarin ’n besondere soort leser, die sogenaamde geskryfde, hom bevind, en sy reg om appèl aan te teken teen die “vonnis” wat die literêre teks oor hom uitspreek. Hierdie “geskryfde” (’n term wat deur Phil du Plessis [1993] gemunt is), is ’n persoon wat homself “herkenbaar terugvind” in ’n literêre teks. Ek praat nie nou van iemand wat homself as tipe herken nie; dit gaan hier oor iemand wat met vers en kapittel (en dokument) kan bewys dat hy/sy die skrywer se “model” is (Riana Scheepers, Lesing vir ALV-kongres, LitNet, 1994).
geoligging
geolokalisering
geolokasie
geomitologie
geopolitiek
geoposisie
geoposisionering
geoskattejag
geosmien
geosmine
geostasionêre satelliet
geraasonderdukkend
Germaans
geruisdempend
geruisdowend
geselsbot
geselsrobot
gesigherkenningstegnologie
gesigsbiometrie
gesigskild
gesigsuier
gesin x familie
gesinslek
geskryfde
geslagsdisforie
geslagsgeweld
geslagskleur
geslagsneutraal
gesondheidsbevorderingsheffing
gesondheidspas
gesteunde
getap
getjarra
getjil
geuraksent
gevaar
gevaarloon
gevoetesleep
gewatsegoeters
gewingerd
gewoer-woer
gewolt
gezoei
gezonk
ghaazie
ghai
ghellie