Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
piñatakoek s.nw. | piñatakoeke | koek gevul met sjokolade of lekkergoed wat uitval of uitrol wanneer die koek gesny word: › Die onthaalsaal, getooi in dofblou tafellopers, kerslig en ’n magdom naked gloeilampies, was super-stylvol, maar nie sonder speelse verrassings nie – soos ’n sjokolade-gevulde piñata-troukoek en doughnuts teen ’n muur (Sarie Bruid, 6 November 2019). › Die piñata-kinderpartytjiekoek was ons bydrae tot [die] boek [...] Dis ’n koekweergawe van die bekende piñata, ’n houer wat met lekker- of speelgoed gevul en dan met groot seremonie by ’n partytjie gebreek word (Joan van Zyl, Huisgenoot, 9 Mei 2014).
◌ ENGELS: piñata cake
KYK OOK: piñata
persoonlikheid
pesketariër
pesketarisme
pestemal
peuterbord
phishing
phola
picklebal
pieksel
piemp
pieng
pienggereg
pienk
pienke
pienkoog
pienkvoet
piepie
pikkel
pikkelbal
pikosatelliet
PIMS
PIMS-TS
piñata
piñatakoek
Pinyinsisteem
pirocumulonimbus
pirocumulus
pirokonveksie
pis
pissie
pitaja
pizzapastei
PK
PKR
plafon
plak
plakker
-plakker
plantgebaseer
plantproteïen
plastiekboekanier
plastiekeiland
plastieksop
platinum
platkos
pleknaam
plekspeld