Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
piñata [uitspraak: pien(g)-ja-ta] s.nw. | piñatas | (Mexikaans, Spaans) versierde houer van klei, papier of lap wat met lekkergoed en/of speelgoed gevul word en tydens ’n seremonie of viering stukkend geslaan word om die inhoud uit te kry: › Jy kan die Paaseiersoektog afsluit deur jou kinders ’n piñata vol sjokolade te laat breek. Die piñata is ook ideaal vir kleiner kinders wat dalk nog nie verstaan hoe om eiers te soek nie, maar ook in die pret wil deel. (Huisgenoot, 26 Maart 2016). › Hou [kinders] besig met watergevulde piñatas. Met dié speletjie blinddoek jy die kinders en laat hulle toe om die piñata met ’n voorwerp by te kom tot dit stukkend is en die water of lekkers uitval (Sarie, 13 Julie 2015).
◌ ENGELS: piñata
oorsprong:
Spaans piñata pot, uit Italiaans pignatta, moontlik van pigna dennebol.
persoon
persoonlikheid
pesketariër
pesketarisme
pestemal
peuterbord
phishing
phola
picklebal
pieksel
piemp
pieng
pienggereg
pienk
pienke
pienkoog
pienkvoet
piepie
pikkel
pikkelbal
pikosatelliet
PIMS
PIMS-TS
piñata
piñatakoek
Pinyinsisteem
pirocumulonimbus
pirocumulus
pirokonveksie
pis
pissie
pitaja
pizzapastei
PK
PKR
plafon
plak
plakker
-plakker
plantgebaseer
plantproteïen
plastiekboekanier
plastiekeiland
plastieksop
platinum
platkos
pleknaam