Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
pieng
♦ s.nw., tussenwerpsel [gewoonlik enkelvoud] geluid van ’n elektroniese klokkie of alarm: › En ... as níks meer help nie, plak ek ’n stuk kaas op ’n sny winkelbrood, kaas só kommin geel dit vlek jou tande, sit dit in die mikrogolfoond, wag vir die pieng, trek die tamatiesous nader ... dit help vir alles (Herman Lensing, Rapport, 22 Desember 2019). › ’n Pieng op ons WhatsApp-groep. Net voor drieuur op ’n doodgewone middag in Januarie (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 12 Augustus 2022).
◌ ENGELS: ping
♦ ww. | het gepieng | ’n geluid soos dié van ’n elektroniese klokkie of alarm maak: › Helen frons, maar dan pieng haar foon en haar aandag is ’n oomblik lank by die skerm (Charlea Sieberhagen-Grey, Huisgenoot, 14 November 2019).
◌ ENGELS: ping
KYK OOK: pienggereg
PCS
pedi
pediatries
penniepolonie
pepa
pepino
perd
perigeummaan
perioperatief
permakrisis
pers
persentasiepunt
persoon
persoonlikheid
pesketariër
pesketarisme
pestemal
peuterbord
phishing
phola
picklebal
pieksel
piemp
pieng
pienggereg
pienk
pienke
pienkoog
pienkvoet
piepie
pikkel
pikkelbal
pikosatelliet
PIMS
PIMS-TS
piñata
piñatakoek
Pinyinsisteem
pirocumulonimbus
pirocumulus
pirokonveksie
pis
pissie
pitaja
pizzapastei
PK
PKR