Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
lektriek (via Engels, informeel, lekties)
♦ s.nw. [geen meervoud] elektrisiteit: › Die kinders wat met krullers in die hare in die son moes speel sodat dit kon droog word, omdat hul huise nie lektriek gehad het nie, het lustig gespeel met die kinders wat die luukse van ’n yskas en haardroër en ’n stouf geken het (Jo-Ann Floris, Netwerk24, 14 Februarie 2018). › Na ’n lang ruk beduie sy na haar bene. “Hulle het goeters aan hom vasgemaak wat die lektriek deur hom stuur.” (Leon van Nierop, Skrikkelkind, 2000). › Hulle wag vir ’n straatadres, ’n eenvoudige plek van hul eie. Nie ’n chateau of spogwynplaas nie, ’n gewone Hop-huis met ’n spoeltoilet binne, “lektriek” en kraanwater (Herman Lategan, Netwerk24, 13 Desember 2014).
◌ ENGELS: electricity
♦ b.nw. [attr. en pred.] elektries: › Laat my verlang na ons plaas. Koolstoof met lou oond met warmwaterdonkie. Het met hout, kole en mieliestronke gewerk. Ek het op my pa se skoot gesit in die winter en die dennebome sien waai deur die kombuisvenster. Vrede, veiligheid en rustigheid. Shame, nou is ek ’n weeskind met 'n lektriek stoof! (Klaas Prinsloo, Tuis, 30 September 2013).
◌ ENGELS: electric
lang-covid
lap
lapvreter
larweplaas
Lasarus
latjiebeen
lattekuns
lawwegeid
LBD
LBS
LC
LDPE
LED
leedmagneet
leefling
leefstyloudit
leer
leerbestuurstelsel
-legkaart
leier
leierskapsdenke
lekkerfikasie
lekties
lektriek
lentemaan
lepeltjievetkoek
leprechaun
leunstoelkok
leunstoelsitter
leunstoelsjef
leusisme
leusisties
Lewy-liggaamsiekte
LGBT trots
LGBTQ
LGBTQIA
LGBTQQIAAP
libtert
liederatuur
liefdesroman
liggaamsjuwele
liggaamskondoom
liggaamsmusiek
liggaamsperkussie
ligseil
like
limitarisme