Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
leefstyloudit s.nw. | leefstyloudits | Ook leefstylouditering | leefstylouditerings, leefstylouditeringe |
ondersoek wat lewenstandaard met bekende inkomste vergelyk, met die gedagte dat iemand wat bo sy of haar vermoë leef, dalk by bedrog, onetiese praktyke of korrupsie betrokke kan wees: › Wie van julle personeel leef bo hul vermoë? Julle weet nie, want julle doen nie leefstyl-oudits nie. Hoekom nie? (Vrye Weekblad, 21 April 2023). › Daar is glo ’n motorhandelaar [...] waar jy jou Maserati of jou MClaren kan parkeer. As jy lus is om daarmee te ry, kan jy dit bestel en dit word afgelewer [...] Dit word so gedoen sodat die voertuig nie in die naam van die eienaar geregistreer word nie vir ingeval ’n leefstyloudit gedoen word (Netwerk24, 23 Februarie).
◌ ENGELS: lifestyle audit
lamsrak
landbou
landboupark
landboutegnologie
landlyn
lang
lang covid
langbome
lang-covid
lap
lapvreter
larweplaas
Lasarus
latjiebeen
lattekuns
lawwegeid
LBD
LBS
LC
LDPE
LED
leedmagneet
leefling
leefstyloudit
leer
leerbestuurstelsel
-legkaart
leier
leierskapsdenke
lekkerfikasie
lekties
lektriek
lentemaan
lepeltjievetkoek
leprechaun
leunstoelkok
leunstoelsitter
leunstoelsjef
leusisme
leusisties
Lewy-liggaamsiekte
LGBT trots
LGBTQ
LGBTQIA
LGBTQQIAAP
libtert
liederatuur