Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
LGBTQIA afk. [afkorting van lesbies, gay, biseksueel, transgender, queer, interseksueel, aseksueel] [soms ook los van die daaropvolgende woord geskryf] ◌ Ook LGBTI, LGBTQ, LGBTQIA+ ◌ (gebruik om te verwys na persone en gemeenskappe) wat die hele spektrum van menslike seksualiteit en gender insluit. ◌ ENGELS: LGBTQIA+
samestelling(s):
LGBTQIA-aktivis: › Desmond … is ’n LGBTQIA-aktivis en selferkende ‘fopdoskind’ (Netwerk24, 13 Februarie 2018).
LGBTQIA+-gemeenskap: › In hul verklaring aan Petersen het die studente van die LGBTQIA+-gemeenskap hul uitdagings en probleme uiteengesit (Romantha Botha, Netwerk24, 8 Julie 2015). › Vir die eerste paar maande het sy tuisgegaan in ’n veilige hawe vir die LGBTI+-gemeenskap (lesbiese, gay, biseksuele, transgender, interseks- en ander genderdiverse mense) wat intussen sy deure moes sluit (Elsabé Brits, Vrye Weekblad, 2 Augustus 2019).
LGBTQIA+-mense, LGBTQIA+-persone [gewoonlik meervoud]: › LGBTQIA+-mense word onderwerp aan geweld, vervolging en diskriminasie (Cas Wepener, Netwerk24, 6 April 2019).
LGBTQ-regte: › Sy het onder meer oor LGBTQ-regte gepraat (Max du Preez, Vrye Weekblad, 28 Junie 2019).
LED
leedmagneet
leefling
leefstyloudit
leer
leerbestuurstelsel
-legkaart
leier
leierskapsdenke
lekkerfikasie
lekties
lektriek
lentemaan
lepeltjievetkoek
leprechaun
leunstoelkok
leunstoelsitter
leunstoelsjef
leusisme
leusisties
Lewy-liggaamsiekte
LGBT trots
LGBTQ
LGBTQIA
LGBTQQIAAP
libtert
liederatuur
liefdesroman
liggaamsjuwele
liggaamskondoom
liggaamsmusiek
liggaamsperkussie
ligseil
like
limitarisme
ling
linguistiek
liplek-
liplekker
liplek-lekker
litmus
LKHV
LLDPE
LLM
lmk
lobby
loep