Bygewerk op 27 Julie 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

fleksitariër s.nw. | fleksitariërs | persoon wat slegs af en toe vleis en ander produkte van diere eet, maar (anders as vegetariërs en veganiste) diereprodukte nie heeltemal vermy nie: As ek iewers inval, is ek seker ’n fleksitariër. Ek eet meestal plante en beskou diereprodukte eerder as garnering – ’n strooisel parmesaankaas, regte plaasbotter en ’n hand vol van my pa se spesiaal gemaakte biltong (Aletta Lintvelt, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019). Fleksitariërs … eet groente en vrugte maar sal soms vis, hoender en selfs vleis eet. Vir hulle is insekte ook aanvaarbaar. As jy Vrydae en/of Maandae vleisloos bly, is jy self ’n fleksitariër (Salomé Delport, rooi rose, 3 Augustus 2018). | ENGELS: flexitarian
OORSPRONG:
Uit fleksibel buigsaam + vegetariër.

KYK OOK: fleksitaries, fleksitarisme


 Nuut: Die rooi veer is verrinneweer (blog) | Op pad na AWS12 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther