Bygewerk op 2 Maart 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 449

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

covid-19 s.nw. [dikwels afgekort of verkort tot covid] [Engelse verkorting van coronavirus disease 2019, CoV disease 2019] [geen meervoud] (patologie, geneeskunde)Ook COVID-19, (foutiewe, nie-erkende skryfwyse, maar algemeen gebruik in die media) Covid-19 besmetlike koronavirussiekte wat veroorsaak word deur ’n koronavirus, EARS-CoV-2, wat waarskynlik van soönotiese oorsprong is en waarvan die uitbreking in Desember 2019 in die Chinese stad Wuhan teen 11 Maart 2020 amptelik ’n pandemie tot gevolg gehad het: Hoewel die aantal Covid-19-gevalle tans relatief laag is, is daar steeds mense wat baie siek word (Cheréne Pienaar, Netwerk24, 7 Maart 2023). Die grootste deel van die ekonomie sal weer oopgestel word. Dit is ongeag infeksiesyfers wat betref Covid-19, wat die afgelope dae die hoogte ingeskiet het (Elvira Wood, 25 Mei 2020). Op 11 Februarie maak die Internasionale Komitee vir Virustaksonomie en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) vir beide die virus en die siekte ’n amptelike naam bekend: “EARS- (SARS-)CoV-2” vir die virus, om die verband met “EARS-CoV”, wat in 2003 ’n soortgelyke “ernstige akute respiratoriese sindroom” (“EARS”) veroorsaak het, te beklemtoon, en “Covid-19” (“coronavirus disease 2019”) vir die siekte (Jana Luther, Beeld, 28 Februarie 2020). Minstens 500 nuwe gevalle van Covid-19 is in China en Suid-Korea bevestig (Netwerk24, 26 Februarie 2020).

langdurige covid [soms verkort tot lang covid, lang-covid] verskillende simptome wat by sommige pasiënte wat van covid-19 herstel, nog etlike maande voortduur: As simptome vir langer as vier weke voortduur, word dit as “lang Covid" beskou, maar dit kan soms selfs maande wees. Kenners het nog nie die meganisme hiervan ontrafel nie, maar een van die hipoteses is dat fragmente van die virus agterbly en skade deur die hele liggaam veroorsaak, al kan dit nie meer selle binnedring nie (Elsabé Brits, Vrye Weekblad, 30 Julie 2021). Navorsing wys dat post-Covid-komplikasies, bekend as “lang Covid”, legio is. Chroniese hoes, asemhalingsprobleme, spierpyne, verswakte en selfs verlamde pasiënte en geestesgesondheidskwessies is maar net van die uitdagings wat post-Covid-pasiënte moet aandurf (Dawn van den Heever, Netwerk24, 26 Junie 2021). Moegheid en kortasem is die twee vernaamste simptome by lyers wat langdurige Covid-19 het, gevolg deur gewrigs- en borskaspyne (Jana Smit, Rapport, 21 Maart 2021). Laubscher sê ... lang-Covid kan in twee breë kategorieë opgedeel word: “kort lang-Covid” en “langdurige lang-Covid”. Die eerste kategorie verwys na mense wat vir ses maande of minder simptome het en die tweede na diegene wat langer as ses maande siek is. Hoe langer jy siek is, hoe langer neem dit om gesond te word (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 10 Maart 2023).SINONIEM(E): chroniese-covid-sindroom | CCS | post-covid-sindroom | PCSENGELS: long Covid | long-haul Covid | chronic COVID syndrome | CCS | post COVID syndrome | PCS


samestellings:
COVID-19-geval: Die getal bevestigde Covid 19-gevalle [in Suid-Afrika] het tot 22 583 gestyg (Netwerk24, 25 Mei 2020).
COVID-19-pandemie
COVID-19-taakspan


KYK OOK: EARS-CoV-2, koronavirus


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther