Bygewerk op 27 Julie 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

feesflerrie s.nw. | feesflerries | (informeel, skertsend) vrou wat ’n gereelde besoeker aan kunstefeeste is: Ek begin voel asof ek gechannel word deur daardie unieke Afrikaanse verskynsel wat ons ’n feesflerrie noem. Ons ken haar almal, so ’n gawe gekultiveerde tannie met kinders wat klaar uit die huis is […], wat van die een Afrikaanse kunstefees na die ander fladder (Marita van der Vyver, Vrye Weekblad, 9 Augustus 2019). Ek glo dis belangrik dat feesflerries nie nét bekende kunstenaars ondersteun of net aanbiedings bywoon wat reeds by 'n ander fees bekroon is nie (Marita van der Vyver, Vrye Weekblad, 9 Augustus 2019). Hoe weet ’n mens nóg ’n Klein Karoo Nasionale Kunstefees lê op sy rug? As enigiemand – van filosowe tot feesflerries – diepgaande indrukke oor die aard of karakter van die fees die wêreld instuur (Kobus Burger, Beeld, 13 Maart 2005). | ENGELS: frequent festival-goer

 Nuut: Die rooi veer is verrinneweer (blog) | Op pad na AWS12 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther