Bygewerk op 27 Julie 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

fopnuus s.nw. [enkelvoud en meervoud] storie, veral aanlyn gepubliseer en versprei, wat soos ’n geloofwaardige joernalistieke verslag lyk, maar wat in werklikheid onwaar en gefabriseer is om die leser of kyker te mislei: Mense is bekommerd oor die toename in databedrog en kuberaanvalle, fopnuus en identiteitsdiefstal, en die aanwending van kunsmatige intelligensie om verdere kuberaanvalle te loods, onder meer op noodsaaklike infrastruktuur (Anthoni van Nieuwkerk, Vrye Weekblad, 20 Maart 2020). Dit is ’n leuen. Dit is fopnuus. Dit is ’n valsheid wat oor en oor en oor herhaal word deur sommige mense in die hoop dat iemand êrens gaan dink daar moet iets daaraan wees (Pravin Gordhan, aangehaal deur Max du Preez, Vrye Weekblad, 12 Julie 2019). fopnuus versprei om ’n bepaalde ideologie te ondersteun Politici het Facebook en Google se grootkoppe gevra om fopnuus oor die veiligheid van inenting te bekamp (Landi Slatter, Rapport, 24 Februarie 2019). Fopnuus gee voor om ware feite te wees, maar kan enigiets van satire (wat ernstig opgeneem word) tot propaganda wees. Die onus is op die verbruiker om te onderskei of dit veronderstel is om satire te wees en of dit bewustelik mislei (Lizette Rabe, Netwerk24, 29 November 2016). | SINONIEM(E): slenternuus | ENGELS: fake news
KYK OOK: bogberig, trolfabriek, trolplaas

samestellings:
fopnuusberig: As jy ’n boodskap of onbevestigde sosialemediaboodskap ontvang wat jou kwaad of bang laat voel, is dit heel waarskynlik ontwerp om dit te doen. ’n Fopnuusberig wat net genoeg regte inligting bevat om jou te laat wonder of dit die waarheid is. Almal word uitgevang deur vals nuus (Werner Wippenaar, Netwerk24, 18 Februarie 2021). | fopnuusdiens | fopnuuspropaganda | fopnuusveldtog: Die Bell Pottinger-sage is nog vars in die geheue, toe ’n fopnuusveldtog deur die Guptas op sosiale media gebruik is om die narratief van ‘wit-monopolie-kapitaal’  in te span om aandag af te lei van staatskaping (Herman Wasserman, Vrye Weekblad, 19 April 2019). | fopnuuswerf


 Nuut: Die rooi veer is verrinneweer (blog) | Op pad na AWS12 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther