Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
Vals verkleinings
Dit hinder ’n leser dat daar sogenaamde verkleinwoorde is waarvan die groot komponent nie bestaan nie, soos peetjie, rissie, duwweltjie, uintjie, deuntjie, opstootjie, ommesientjie, heen-en-weertjie. Hulle behoort vals verkleinings genoem te word, beweer die leser, want geen verkleining het plaasgevind nie. Hulle is klein gebore en klein gelaat staan.
Maar dis nie die volle waarheid nie.
Sommige van hierdie voorbeelde, wat nou sonder grootheid is, het grootheid in hulle verlede gehad. Rissie het bestaan as rits en peet het ons, nou nog selfs, in die vorm van peetouers. Uintjie gedra hom nou nog groot, as ui (gevolglik met die tweelingverkleinwoorde uintjie en uitjie).
Anders as wat ons in Afrikaans dalk mag dink, bestaan ommesien onverklein in Nederlands, so ook deun vir ’n eenvoudige sangwysie of liedjie.
Opstootjie kry ek wel nie anders as in die verkleinde vorm nie; hy is ’n weeskind in die taal.
Nagemaakte verledetydsvorme
Sulke weeskinders kry ons ook by woorde wat hulle as werkwoorde voordoen. Dink aan gewone werkwoorde, soos buig en kap. Hier is dit maklik om te sien dat gebuigde van die werkwoord buig kom en gekapte van die werkwoord kap. Maar van watter werkwoorde kom vorme soos gestewel en gespoor en gejas en gekerk? Hulle is nie van werkwoorde gemaak nie, maar van naamwoorde soos jas en stewel, spoor en kerk. Dus nagemaakte verledetydsvorme. Maar nie om dié rede af te keur nie.
’n Mens moet die taal aanvaar soos hy gebek is.
Johan Spies, Ons Taalgereedskap, 18 Junie 1991 © Die Burger, Media24 (bygewerk deur Jana Luther)
trefwoorde
verkleinwoord | werkwoord
Ontlening boei
Paps en Mams
plekhouers en stopwoorde
Probleme berispe
Raak naamgewing
Retro-taal, waarom nie?
riemspring en streepsuiker
Rododendron of viooltjie?
saam (met)
Sê en meen is twee
See-erfenis in idiome
sien
Sinne met so
Slegte ruil
snel groeiende
Spelkeuses is taaldemokrasie
Standaardtaal in die kollig
stappe doen of neem?
Taal is baas
taboewoord
testament tot
Turkye, Türkiye
Uitspraak van vreemde woorde
vals verkleinings
Variëteite wys taalverskeidenheid
vergeleke met
Verskynsels gee woorde
voornaamwoordelike bywoorde
Vraagteken uit Latyn
Waar hou woorde op?
Wanneer anglisisme?
Welkom vreemdelinge
Woord sê nie alles nie
Woordeboekdag