Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
Is Afrikaans ’n jong taal?
’n Stelling wat dikwels gemaak word, is dat Afrikaans ’n jong taal is. Wat dan presies met ’n “jong taal” bedoel word, is onduidelik. Dit kan twee dinge beteken: dat die Afrikaanse taal redelik onlangs ontstaan het of dat Afrikaans pas in die jongste verlede ’n skryftaal of standaardtaal geword het.
Afrikaans was ’n omgangstaal en spreektaal lank voordat hy skryftaal geword het. Ons taal het sy beslag gekry in die vroeë Kaapse samelewing, so teen die einde van die sewentiende eeu. Toe het daar aan die Kaap ’n taalvorm ontstaan wat wesenlik dieselfde was as die Afrikaans wat ons vandag praat. Drie eeue is maar ’n kort tydjie in die geskiedenis van ’n taal, dus kan Afrikaans sonder vrees van teenspraak as ’n jong taal bestempel word.
Tog is Afrikaans nie uniek wat sy jeugdigheid as omgangstaal betref nie.
In die sewentiende en agtiende eeu het daar ’n groot klomp tale ontstaan in die soort koloniale opset wat aan die Kaap voorgekom het: moedertaalsprekers van ’n koloniale taal (Nederlands, Engels, Frans, Spaans, Portugees) kom in aanraking met groot getalle mense wat daardie koloniale taal glad nie magtig is nie.
Hierdie “taalvreemdelinge” moet die koloniale taal vinnig verwerf onder uiters ongunstige sosiale omstandighede (waaronder slawerny). Dit gee aanleiding tot kreolisering, waardeur die koloniale taal ingrypend in die mond van die taalvreemdelinge omvorm word. Een van die taalvorme wat in hierdie omstandighede ontstaan, heet ’n kreool.
In die koloniale tyd het ’n magdom kreole ontstaan. Om maar net enkeles te noem: Franse kreole in Louisiana, op die eilande Réunion, Mauritius, Haïti en die Seychelle; Portugese kreole in die Ooste, in Latyns-Amerika en in Afrika; Engelse kreole in Guiana, op Jamaika en Hawaii. In die Karibiese Seegebied het ’n Nederlandse kreool ontstaan wat vroeg in hierdie eeu uitgesterf het.
Hierdie tale is almal net so jonk soos Afrikaans, en van die kreole is selfs veel jonger. ’n Besonder treffende geval is Tok Pisin, die Engelse kreool van Papoea Nieu-Guinee (noord van Australië). Hierdie landstreek is ’n paar dekades gelede eers gekoloniseer. Dit is een van die veeltaligste gebiede op aarde.
Die behoefte aan ’n algemene verkeerstaal was dus groot, en ’n vorm van Engels wat die benaming Tok Pisin (uit: “talk pidgin”) gekry het, is mettertyd in hierdie funksie gebruik.
Die gedagte dat Afrikaans ’n jong taal is, word soms ook daaraan gekoppel dat die taal pas in die afgelope eeu tot ’n volwaardige skryftaal en ’n standaardtaal ontwikkel het. Die bedoeling is met ander woorde dat Afrikaans ’n jong skryftaal of standaardtaal is.
Maar weer eens staan Afrikaans hoegenaamd nie alleen nie. Die Finse standaardtaal is nie byster ouer as Standaardafrikaans nie. Tot in die negentiende eeu het die Finne hulle van Sweeds as standaardtaal bedien: Sweeds was die taal van die Finne se onderwys, hulle administrasie en hulle literêre bedrywighede. Die Finse standaardtaal het ontwikkel van 1863, toe Sweeds deur Fins as amptelike taal vervang is.
Baie Afrikatale, waaronder Xhosa, Zulu, Tswana, Tsonga, Venda, Sjona en Swahili, is maar in die afgelope eeu of so tot standaardtale omvorm, onder meer deur middel van Bybelvertaling en literêre gebruik.
Ook Tok Pisin is flink tot skryftaal aan die ontwikkel. Om die waarheid te sê, as ’n wedstryd uitgeskryf sou word vir die jongste taal ter wêreld, sou Tok Pisin ’n veel sterker aanspraakmaker op die eerste prys wees as Afrikaans, aangesien Tok Pisin beide later as Afrikaans sy beslag gekry het en later tot skryftaal omvorm is.
Wat sy status as omgangstaal en as skryftaal betref, kan Afrikaans as jonk gekarakteriseer word. Nietemin, dit is net die een kant van die munt, want deur Afrikaans se verbondenheid met Nederlands en met Germaans is dit ook oud.
Baie verskynsels in Afrikaans kan eeue der eeue teruggevoer word. Om maar net een voorbeeld te noem:
Fritz Ponelis, Taalskatkis, 27 September 1999 © Die Burger, Media24
trefwoorde
kreolisering | kreool | omgangstaal | skryftaal | spreektaal | standaardtaal | Tok Pisin
diernaam
dubbele meervoud
dubbelpunt
Duits
Één een
eenduidigheid
eienaam
Engels
etimologie
Germanisme
Gesukkel met name
gravis
Grieks
hakie
Hoe werk die Taalkommissie?
Hoekom sprinkaan?
huh en uh-huh
huidiglik
hulpmiddele by skryf
Idiome wys taalvaardigheid
idioom
ingevoerde woorde
intonasie
Is Afrikaans jonk?
Jiddisj
kaplaks
karet
keusevryheid
kiri slam en iesegrimmig
klankaanpassing
klanknabootsing
Klassieke herkoms
klem
kolpunt
komma
Komma as desimale skeier
kommapunt
konteks
koppelteken
kreolisering
kreool
Lank lewe die cattle rattle
lankmoedig en verdraagsaam
Latyn
leenvertaling
leenwoord
leesbaarheidskoppelteken