Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
opslaanwinkel s.nw. | opslaanwinkels | opslaanwinkeltjie |
1 winkel waarvan die samestellende dele betreklik maklik inmekaargevoeg en uitmekaargehaal kan word ten einde die geheel betreklik maklik van een plek na ’n ander te kan verskuif: › ’n Man was ’n minibustaxi naby ’n opslaanwinkel in die Elias Motsoaledi- informele nedersetting in Soweto (Fotobyskrif, Netwerk24, 1 Oktober 2020). ◌ ENGELS: prefab shop | prefabricated shop | pop-up shop
2 winkel wat eensklaps verskyn, opgerig of geopen word, met die bygedagte dat dit slegs tydelik in die betrokke lokaal of op die betrokke perseel gaan sake doen: › Kaapstad is die enigste stad op die vasteland [...] waar aanhangers van die Amerikaanse rapper Kanye West dié naweek artikels met sy handelsmerk in opslaanwinkels (pop-up shops) kan koop. Presies waar die winkels gaan wees, is nog nie bekend nie en aanhangers sal slegs 24 uur voor die opening van elkeen op die kletsrymer se webtuiste kan sien waar dit is (Romantha Botha, Netwerk24, 18 Augustus 2016). › Ek stap deur en ontmoet een van die mede-eienaars van die gebou [...] in die deel wat as ’n opslaanwinkel bedryf word. Hier word die mooiste handwerk uitgestal, van gerestoureerde meubels tot keramiek en kuns (Karla Janse van Vuuren, Netwerk24, 24 Augustus 2019). ◌ SINONIEM(E): opskietwinkel ◌ ENGELS: pop-up shop
ontwerpershond
ontwikkelingstaat
oondstad
oorbruggingstaal
oor-die-toonbank-
oorgang
oormaatsterftes
oorspanningsafleier
oorwurm
opeindig
opgetrek
opgie
oplaaispoed
Opod
oppervlakweb
oppie
oppotskaamte
opsikleer
opsitwerf
opskaal
opskiet=
opskiettent
opskietwinkel
opslaanwinkel
opsmêsh
opsmêsj
opsnol
optjommie
opvolginenting
opwentel
opwip-
opwipkanaal
opwipwinkel
oranje
Oranjeman
orgaanroof
organoïed
orka
ortofemisme
ôs
oshana
OSMR
ôsse
OSW
OTP
ouballie
ouboeja