Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
ontwerpersbaba s.nw. | ontwerpersbabas |
Ook (soms) ontwerperbaba
baba waarvan die genetiese samestelling gekies of die DNS verander/geredigeer is, byvoorbeeld om ’n spesifieke geen in te sluit wat ’n bepaalde eienskap verseker, of gene wat met ’n bepaalde oorerflike siekte verband hou, te verwyder: › Alhoewel aangeneem is dat CRISPR die chemie-prys sou wen, was daar kommer oor die moontlike misbruik van die tegnologie, byvoorbeeld om ontwerper-babas op aandrang te ontwikkel (Netwerk24, 7 Oktober 2020). › ’n Welgestelde Britse egpaar het die sperm van hul enigste seun laat oes nadat hy verongeluk het en ’n ontwerpersbaba in ’n laboratorium laat kweek om aan hulle ’n erfgenaam – en spesifiek ’n seun – te besorg (Netwerk24, 10 September 2018).
◌ ENGELS: designer baby
oligargiseer
OLV
OMB-
omgewingsaktivis
omgewingsangs
omgewingsmoord
omgewingstres
omicron
omikron
omkyktwak
ondernemingsredding
onderwatertuig
ongeleide missiel
ongeleide projektiel
ongevuur
onsinverklikker
onthaasting
ontie
ontlaer
ontmeng
ontrommel
ontsmettingstonnel
ontsnapspel
ontwerpersbaba
ontwerpershond
ontwikkelingstaat
oondstad
oorbruggingstaal
oor-die-toonbank-
oorgang
oormaatsterftes
oorspanningsafleier
oorwurm
opeindig
opgetrek
opgie
oplaaispoed
Opod
oppervlakweb
oppie
oppotskaamte
opsikleer
opsitwerf
opskaal
opskiet=
opskiettent
opskietwinkel