Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
ektoterm s.nw. | ektoterme | dier wat nie ’n vaste liggaamstemperatuur het nie, maar waarvan die liggaamstemperatuur en tempo van metabolisme deur die temperatuur van sy omgewing bepaal word: › Slange, soos die meeste reptiele, is ektoterme, in die omgang bekend as “koudbloedige diere”. Dit beteken dat hulle geen inwendige meganisme het om hul liggaamstemperatuur te beheer nie, maar op hul onmiddellike omgewing vir hul hittevereistes moet staatmaak (Johan Marais, Slange en slangbyt in Suider-Afrika, 2014). › Ektoterme (poikiloterme of koudbloediges) beheer hul liggaamstemperatuur deur middel van eksterne metodes (Jo van As, Die verhaal van lewe en die omgewing: ’n Afrika-perspektief, 2013).
◌ SINONIEM(E): koudbloedige dier | poikiloterm
◌ ENGELS: ectotherm
afleiding(s):
ektotermies
e-fiets
efundja
e-gesondheid
EHHP
Eid
Eid-oel-Fiter
einarooi
eisbein
ejiao
ekfrakties
ekfrase
eko-aktivis
ekobaksteen
ekomoord
ekonomie
ekoprotes
ekosteen
ekostryder
ekoverset
ekovrees
ekspat
ekstrueer
ekstrusie
ektoterm
elaichi
elektronies
elmbooggroet
elmbooghoes
elmboogkug
elmboogmacaroni
elmboognies
emmerskoplys
empatitis
energiejel
e-neus
engel
engelruitertjie
enkelgebruik=
enkripsie
enkripteer
entjie
entomofaag
entomofagie
entstofpaspoort
entstofweieraar
episentrum
ERA