Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
bedoos (informeel)
♦ | het bedoos |
UITDRUKKING(S):
♦ iemand bedoos iemand aan bande lê en/of klassifiseer; iemand die vryheid van selfstandige denke en optrede ontneem: › Dis ’n vriendin se woord wat in sy kop bly vassteek, vir hom die beste woord nóg in Afrikaans: Bedoos. Om mense in dose te sit (Hanlie Retief, Rapport, 15 Julie 2018). › Dis eers toe ek hier aan die Universiteit van Wes-Kaapland kom studeer het, dat ek met Afrikaans in al sy/haar glorie kennisgemaak het. Dis hier waar ek die intensiteit en waarde van ’n regte, egte lekker vloekwoord kom leer ken het. […] Dis hier waar ek kennis gemaak het met die kwetsendheid van woorde. Dat hoe mense praat, gebruik is om hulle menswees te ondermyn. Hoe taal en woorde mense bedoos het. In dosies geplaas het sodat hulle in apartheidsdose ’n voortbestaan moes maak (Ingrid Jones, Netwerk24, 2 Maart 2020). › Solank mense mekaar net nie bedoos nie.
◌ SINONIEM(E): (informeel) iemand in ’n boks druk
◌ ENGELS: box in
♦ b.nw. | bedoosde |
Ook bedoosd
› bedoos(d) wees aan bande gelê wees: › Ek haat ’n bedoosde wêreld. Ek kom nie van ’n bedoosde wêreld nie (Rapport, 15 Julie 2018).
◌ ENGELS: boxed in
ballonfinansiering
ballonpaaiement
bambi=
band
bang
bank
bankapp
bankie
banktoepassing
bant
banting
barakat
barnsteen
barometer
batja
battery
bavarois
BCG-entstof
BDSM
beandering
bederfbedryf
bedonderd
bedonnerd
bedoos
bedrieërverskynsel
bedryfie
beeldetuin
beeldgeletterdheid
beeldstemmer
beeldtemmer
beesblaas
begailik
begeleidingsnit
beginneronderneming
begrafnis
Beiers
beïnvloeder
bek
bekakie
bekendeling
bekfluitjie
bekslag
beleidsontleder
belewingstuin
bende
Benedicteiers
beperking