Bygewerk op 9 Mei 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 475
BCG-entstof s.nw. [afkorting van Bacillus Calmette-Guérin-entstof] [gewoonlik enkelvoud] (patologie, geneeskunde) ◌ Ook BCG-vaksien ◌ entstof teen tuberkulose wat verkry word van lewende, verswakte beestuberkulosebakterieë (Mycobacterium bovis), wat deur spesiale, kunsmatige kweking nie langer die siekte kan verwek nie, maar immunogeen genoeg bly om te dien as ’n matig doeltreffende entstof vir die voorkoming tuberkulose by mense: › Die BCG-entstof word aan pasgeborenes gegee om ernstige vorme van tuberkulose by kinders te voorkom (Huisgenoot, 14 Mei 2020). ◌ ENGELS: BCG vaccine | Bacillus Calmette–Guérin vaccine
oorsprong:
Entstof teen die bakterieë wat tot die geslag Bacillus behoort, genoem na die Franse bakterioloog Albert Calmette en veearts Camille Guérin wat dit in 1921 ontwikkel het.
badbom
bakkieprofeet
bakkiesrestourasie
balanseerbord
balanseerplank
balletjiespistool
ballonfinansiering
ballonpaaiement
bambi=
band
bang
bank
bankapp
bankie
banktoepassing
bant
banting
barakat
barnsteen
barometer
batja
battery
bavarois
BCG-entstof
BDSM
beandering
bederfbedryf
bedonderd
bedonnerd
bedoos
bedrieërverskynsel
beeldetuin
beeldgeletterdheid
beesblaas
begailik
begeleidingsnit
beginneronderneming
begrafnis
Beiers
beïnvloeder
bek
bekakie
bekendeling
bekfluitjie
bekslag
beleidsontleder
belewingstuin