Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
rysgat s.nw. | rysgate | [veral mv.] taamlik groot, ongewenste gat in ’n gebakte brood of dergelike, wat tydens die bakproses gevorm word wanneer ’n oormaat gis ’n lugborrel in die deeg laat ontstaan: › Funkaso uit Wes-Afrika word van giers (“millet”) gemaak, terwyl injera, gefermenteerde groot pannekoek uit Ethiopië en Somalië, se groot rysgate dit soos ’n maanlandskap laat lyk (Netwerk24, 12 September 2018). › Ons ma’s het in ’n deegskottel geknie, met suurdeeg en ’n piering gesmelte botter. Growwebrood, rosynebrood, witbrood vol rysgate, vetkoek, oondbolletjies. Geen volksvreemde brode soos ciabatta, focaccia en naan nie (Netwerk24, 22 Desember 2014).
romanse
romantasie
Roma-tamatie
rommelkompakteerder
rona
rondgraai
roofwerf
rooi
rooiligterapie
rooilys
Rooimier
rook
rop
RPE
R-syfer
RTIA
RTMC
ruk
rumatikulant
rusbank-
rusbankfilosoof
rusbankuitgewer
rypmaan
rysgat
S&M
SA’ner
saadsekerheid
saamwoonskema
Sabela
SABMR
saboera
Sabric
Saffa
SAFPS
sagteware
Sahpra
Saica
SAID
Saids
sak
sakeredding
sakoproep
salaah
samesweringsingesteldheid
samesweringsmentaliteit
samesweringsteorie
SAMNR