Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
Roma1 s.nw. [versamelnaam]
1 › (die) Roma
Ook (die) Romani
nomadiese volk in Europa wat bestaan uit verskillende groepe wat waarskynlik omstreeks 1000 VHJ uit Noordwes-Indië gekom het: › Die internasionale federasie van die Roma, ’n nomadiese volk, sprekers van die taal Romani, maak beswaar daarteen dat hulle “Sigeuners”, in Engels “Gypsies”, genoem word. Tog staan daar [...] oor ’n besoek aan Rusland, in Rapport: “Ons ry verby woonstelblokke en die sigeuners se ghetto’s” (Jana Luther, LitNet, 28 Julie 2020).
◌ SINONIEM(E): (moontlik neerhalend) Sigeuner | (neerhalend) sigeuner
2 › (die) Roma een van die bekendste groepe waaruit die Roma bestaan: › Om die waarheid te sê, die geskiedenis van Europa is ook die geskiedenis van die rasse-vervolging van Joodse mense oor die eeue heen. Nazi-mobilisering het op ’n gunsteling-gehate groep geteer, soortgelyk aan hul aanslag op die Roma en Sinti, en gay en gender-niekonformerende mense (Christi van der Westhuizen, Netwerk24, 15 April 2021). › Ná 1945 was die Duitse samelewing betreklik homogeen. Daar was enkele minderhede soos die Dene in die Noord-Duitse deelstaat Sleeswyk-Holstein, die Joodse bevolkingsgroep, die Sorbe (’n ou Slawiese volk) in Sakse en die Sigeuners (deesdae Sinti en Roma genoem), maar hul getalle was klein (Die Burger, 24 Januarie 2000).
◌ ENGELS: Roma
samestelling(s):
Roma-gemeenskap: › ’n Hongaarse uitgewer het lede van ’n minderheidsgroep, die Roma-gemeenskap, gevra om die vertaling te doen (Sonja Loots, Rapport, 11 April 2021).
Romagroep
KYK OOK: Rom, Sinti
RICA
riel
riooljoernalistiek
riotermie
ripple
risikopremie
rissel
RNA
RNE
RNS
robopoëtika
robot
robotgrassyner
robotika
robotmop
robotstofsuier
robynsjokolade
roestuin
roeteerder
rof
rok
ROK
Rom
Roma 1
Roma 2
Romani
romanse
romantasie
Roma-tamatie
rommelkompakteerder
rona
rondgraai
roofwerf
rooi
rooiligterapie
rooilys
Rooimier
rook
rop
RPE
R-syfer
RTIA
RTMC
ruk
rumatikulant
rusbank-
rusbankfilosoof