Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
Ponzi-skema s.nw. | Ponzi-skemas | [soms verkort tot Ponzi] [ook met kleinletter(s)] (in Suid-Afrika) geldmaakskema wat, as vorm van bedrog, ’n jaarlikse opbrengs beloof van minstens 20 persentasiepunte hoër as die repokoers: › Bernie Madoff, die New Yorkse skepper van die grootste Ponzi-skema wat die wêreld nog gesien het, laat Namakwalandse swendelaars soos Adriaan Nieuwoudt en Louis Liebenberg soos jaffelverkopers by die kleuresport lyk (Albertus van Wyk, Vrye Weekblad, 13 Januarie 2023). › Die plaaslike tak van ’n [Bitcoin-skema] word deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens se gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid ondersoek omdat dit ’n beweerde Ponzi-skema is (Finweek, 21 April 2016). › Talle gewone Suid-Afrikaners het lae vlakke van finansiële geletterdheid en word dikwels die prooi van woekeraars en Ponzi-skemas (Finweek, 12 Mei 2016). › Bewaar jou geld en bly weg van Ponzi’s. ◌ ENGELS: Ponzi scheme | Ponzi game
oorsprong:
Na die Italiaans gebore swendelaar en bedrieër Charles Ponzi, wat in die 1920’s in die VSA en Kanada beleggers uit miljoene dollar verkul het deur aan hulle, binne net 45 en 90 dae onderskeidelik, 50 en 100 persent wins op beleggings te belowe.
poffer
poke
polarisasieretoriek
poliamoreus
poliamorie
poliamoris
polifaag
poli-gemeenskap
polikule
polikuul
polimerase
polimerasekettingreaksie
pollo-pesketariër
pollo-pesketarisme
pollotariër
pollotarisme
pols
pols-oksimeter
pols-oksimetrie
pomodoro-tegniek
pompstasie
poniebladvoer
Ponzi
Ponzi-skema
Popi
popstront
porno-ster
posbestelbruid
posbruid
post-covid-sindroom
postie
pot 1
pot 2
potlood
potplakker
PPE
PPI
pragmatariër
Prasa
predikant
presisieboerdery
pret
Pretoors
Pretoriaans
pretpedagogie
Pride
Pride-maand