Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
memento mori woordgroep [Latyn Onthou dat jy gaan sterf] herinnering aan die sterflikheid: › Binne die Universiteit van Kaapstad se nuwe patologie-leersentrum dien 4 500 eksemplare van siek organe en ander grieselrige vondse as memento mori langs die hospitaal se lykshuis (Willemien Brümmer, Netwerk24, 18 Oktober 2014). › In kleiner werke op papier bied Van Schalkwyk as’t ware foto’s van sy reise as memento’s aan. Tegelyk ook as aanduiding van memento mori, die alomteenwoordige herinnering aan verganklikheid (Johan Myburg, Netwerk24, 15 Mei 2019). › Daar is in ons albei se geheuewêreld gedeelde liefde vir memento mori-stillewes wat dalk dui op 'n universele bewussynstroom oor ons sterflikheid (Henk Serfontein, Vrye Weekblad, 7 Junie 2019). › Lykies word gevind met memento mori-grimering wat die babas soos groteske poppe laat lyk (Schalk Schoombie, Skrop, 22 November 2020).
◌ ENGELS: memento mori
mbawula
Mbekiïet
MDPE
ME
medeskepselikheid
mediafluisteraar
mediaherrie
mediatiseer
mediatisering
mediawasmasjien
medikaan
Medisynebeheerraad
meerderhands
MeerKAT
meerkatmaan
megaboer
megaboerdery
megafter
meghefter
megoudie
melkkuns
melkmaan
melktertmusiek
memento mori
meneer
Mengels
menseregtevergrype
menstruasiebeker
menstruasiekelkie
menstruasiekoppie
mentor
mentorskap
meritokrasie
merker
MERS
mesmeraais
mesmoertang
messiaskompleks
met
metadata
metaheelal
metaversum
mêtjies
metro
metroraad
metsjies
mettie