Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
mbawula | imbawula | (Zoeloe) groterige blik, gewoonlik ’n leë verf- of paraffienblik, waarvan die wand vol (lug)gate gekap is en waarin daar vir koskook of verwarming vuurgemaak word: › Die geluide van die “Flats”, die gekreun van verbrandingsenjins, die gekraak van eenvoudige skuilings, die skynbaar misplaaste geskreeu van ’n seevoël, die onophoudelike toetgeluid van taxi’s, die reuk van kos, en op plekke die dampe van imbawula, ou verfdromme met gate waarin daar vuur gemaak is om te kook … (Ismail Lagardien, Vrye Weekblad, 21 Junie 2019).
◌ SINONIEM(E): konka | vuurkonka | vuurblik | vuurkan | ghellie | ghellieblik
◌ ENGELS: konka | brazier
manspliseer
mantismaan
mara
marabi
marakkas
maribi
Marie-Johanna van der Schijff
marmerbeeld
masala
masekind
masiet
masikande
masjied
masjienleer
maskanda
maskandi
maskie
masknee
masonja
massaskietery
massaskietvoorval
matcha
mattedjala
mbawula
Mbekiïet
MDPE
ME
medeskepselikheid
mediafluisteraar
mediaherrie
mediatiseer
mediatisering
mediawasmasjien
medikaan
Medisynebeheerraad
meerderhands
MeerKAT
meerkatmaan
megaboer
megaboerdery
megafter
meghefter
megoudie
melkkuns
melkmaan
melktertmusiek
memento mori