Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
kopskuif s.nw. | kopskuiwe | verandering van mening/denke; fokusverskuiwing: › Ons kort ’n kopskuif wat sorg dat alle Suid-Afrikaners toegang het tot gehalte- voedsame kos en dat voedselsekerheid ’n realiteit vir al ons landsburgers kan word (Netwerk24, 6 Maart 2021). › ’n Wêreldwye kopskuif oor energie is besig om die manier waarop krag opgewek en verskaf word te verander (Hartmut Winkler, Vrye Weekblad, 17 Mei 2019). › een van Suid-Afrika se voorste vroue-veldloopatlete, vertel hoe sy die kopskuif van padwedlope na veldloop gemaak het (Kim van Kets, Vrye Weekblad, 12 April 2019). › Manie weet dit moes redelike geloof, visie, dapperheid en ’n kopskuif geverg het, want dit was in daardie tyd lynreg teen die jare lange tradisionele praktyk en buurmanne was sekerlik uiters skepties (Landbouweekblad, 5 April 2019). › Kopskuiwe is nodig vir die verfyning van gewasproduksiepraktyke (Charlie Reinhardt, Landbouweekblad, 7 Julie 2017). ◌ SINONIEM(E): kopsprong ◌ ENGELS: mind shift
komvandaan
koningin-gemaal
konkombers
konsentrasiekrisis
konsepkruiping
konsertina-aartappels
konstruksiemafia
kontakopsporing
kontaminasie
kontrak
kontverstom
kooigoed
kook
koolstofspoor
koolstofvoetspoor
koortjie
kop
kopfok
kophospitaal
kop-in-die-sand-benadering
koplesboek
kopnota
koppeltreinhuis
kopskuif
kopskuiwer
kopsprong
koptjommie
korona
korona-angs
korona-apokalips
koronababa
Koronakaans
koronakrisis
koronamaatreël
koronapaniek
koronaparanoia
koronaresessie
koronaslagoffer
koronastres
koronatoets
koronavirus
koronavrees
koroneus
Korporania
korpuslinguistiek
koskoma
kosmeseuties