Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Januarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van 2024 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
koortjie s.nw. | koortjies | bekende (dikwels geestelike) liedjie/wysie, veral die koorgedeelte/refrein van so 'n lied: › Glo en vertrou, hef ’n vrou ’n ou bekende koortjie aan (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 13 Maart 2020). › Met die omdraai hef sy nog ’n koortjie aan: “Liefdevol soek Hy my, met sy bloed koop Hy my. Deur genade bring Hy my terug, veilig na sy kudde weer terug” (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 22 November 2019). › Wie ken nie die koortjie van “Blommetjie gedenk aan my”, gegrond op die gewilde spookstorie van Uniondale nie? (Anena Burger, Netwerk24, 1 Februarie 2020). › Ek hou eintlik nie veel van die Rolling Stones nie – baie meer van die Beatles – met die uitsondering van hierdie lied en “Gimme Shelter”. (En in my prille jeug, “Under the Boardwalk”.) Sonder dat ek presies kan aanstip waarom, weet ek dat hierdie lied tot my gespreek het tydens ’n baie onbestendige tyd in my lewe. Daardie ironiese koortjie (Ingrid Winterbach, Vrye Weekblad, 6 September 2019). ◌ ENGELS: chorus | refrain
komboetja
kombucha
kombuis
kom-gratis-uit-die-tronk-kaartjie
kommerspek
kômmintaar
komorbiditeit
komplotter
komvandaan
koningin-gemaal
konkombers
konsentrasiekrisis
konsepkruiping
konsertina-aartappels
konstruksiemafia
kontakopsporing
kontaminasie
kontrak
kontverstom
kooigoed
kook
koolstofspoor
koolstofvoetspoor
koortjie
kop
kopfok
kophospitaal
kop-in-die-sand-benadering
koplesboek
kopnota
koppeltreinhuis
kopskuif
kopskuiwer
kopsprong
koptjommie
korona
korona-angs
korona-apokalips
koronababa
Koronakaans
koronakrisis
koronamaatreël
koronapaniek
koronaparanoia
koronaresessie
koronaslagoffer
koronastres