Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
extraordinaire b.nw. [predikatief] (Frans) Ook ekstraordinêr
buitengewoon: › Ek is bly om te kan sê dat ons boekeredakteur extraordinaire, Deborah Steinmair, ook ’n digitale ruimte geskep het waar julle haar van volgende week af kan lees (Max du Preez, Vrye Weekblad, 28 Maart 2025). › Terwyl ons nou hierdie week ’n lys van begerenswaardige items saamstel, laat ons No-Recipe Recipes deur The New York Times Cooking se kosredakteur extraordinaire, Sam Sifton, byvoeg (Vrye Weekblad, 5 Julie 2024). › Die maker van “moer lekka” souse en braaikoning extraordinaire [...] was stomgeslaan toe hy die aankondiging hoor: “Moer Op Als” is die amptelike wenner van die Treffendste Afrikaanse Handelsnaam vir 2020, ’n kompetisie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (Netwerk24, 2 Desember 2020).
◌ ENGELS: extraordinary
KYK OOK: ekstraordinêr
erfenisgroente
Erfenismaand
erfenissaad
erfgroente
erfsaad
ervaringstoeris
ervaringstoerisme
ervaringstuin
e-SIM
e-sport
essie
Eswatini
ethereum
etiket
etnonasionalis
etnonasionalisme
etnonasionalisties
ettig
Europese Ruimteagentskap
EVDS
e-voertuig
expat
exposé
extraordinaire
fadjer
Fafbroekie
fait accompli
faloeda
falooda
Falun Dafa
Falun Gong
famo
fard
farmaboerdery
farmaplant
fediversum
feesflerrie
feitekontrolering
feitkontroleerder
fibrodisplasie
FICA
fietna
fietsambulans
finaliseer
FIS
fitosanitêr
flavivirus