Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
etnonasionalisme s.nw. [geen meervoud] vorm van nasionalisme waarin die “nasie” en nasionaliteit in terme van etnisiteit, ’n volkekundige verwantskap/eiesoortigheid, ’n eie groep/ras gedefinieer word: › Die opkoms van wêreldwye etnonasionalisme oor die afgelope dekade of so het ’n noodsaaklike fokuspunt geword, en dit is byna altyd met grondgebied of “die staat” verbind. Van opkomende wit oppermagtigheid in die VSA tot ’n beweging na ver regs na aanleiding van etnisiteit en suiwerheid in Hongarye, Indië en Pakistan – soeke na suiwerheid het politiek en polities-ekonomiese grondeienaarskap bepaal, en gewelddadige reaksie ontlok (Ismail Lagardien, Vrye Weekblad, 27 Oktober 2023). › Ek raak ook hierdie onderwerp aan as iemand wat teen etnonasionalisme gekant is, spesifiek wanneer dit as ’n wapen en vir politieke manipulasie gebruik word (Ismail Lagardien, Vrye Weekblad, 3 Junie 2022). › Hierdie konstante soeke na etniese of rassesuiwerheid of -eksklusiwiteit is uiters gevaarlik [...] Ons is geneig om te vergeet etnonasionalisme is wat tot die Holocaust, die menseslagting in Rwanda en Mao Zedong se groot hongersnood aanleiding gegee het (Netwerk24, 29 April 2022).
◌ SINONIEM(E): etniese nasionalisme | volksnasionalisme
◌ ENGELS: ethnonationalism | ethnic nationalism
entomofaag
entomofagie
entstofpaspoort
entstofweieraar
episentrum
ERA
eraïsme
Erasa
erfenisgroente
Erfenismaand
erfenissaad
erfgroente
erfsaad
ervaringstoeris
ervaringstoerisme
ervaringstuin
e-SIM
e-sport
essie
Eswatini
ethereum
etiket
etnonasionalis
etnonasionalisme
etnonasionalisties
ettig
Europese Ruimteagentskap
EVDS
e-voertuig
expat
exposé
extraordinaire
fadjer
Fafbroekie
fait accompli
faloeda
falooda
Falun Dafa
Falun Gong
famo
fard
farmaboerdery
farmaplant
fediversum
feesflerrie
feitekontrolering
feitkontroleerder